Speel–speel word jou kind oulik en slim
Hoe bou ons verhoudings as ons tyd min is, ons uitgeput is en ons stres hoog is? Lizanne du Plessis help jou om ’n gelukkige, soet kind te kry deur tien minute ’n dag saam te speel.
Was daar al dae dat dit gevoel het asof jy op ’n emosionele wipplank ry? Die een oomblik lag julle saam en kan jy nie help om te dink dat jou kind die oulikste ding in die wêreld is nie. Die volgende oomblik voel dit asof jy sy nek wil omdraai.
Saans lê jy in jou bed en wonder of jy vandag die regte goed gesê of gedoen het.
Elke pa en ma wil net die beste vir hulle kinders hê. Ouerskap is waarskynlik die belangrikste “beroep” wat ons ooit sal beoefen, maar daar is geen kursus wat ons vir dié enorme taak voorberei nie. Dit is moeilik, uitdagend en tydrowend.
Ouerskapstyle het in die afgelope paar dekades dramaties verander. Soos die tyd verloop, verander die opinies, raad en advies, sodat jy later nie meer weet wie of ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Dis maklik om rond te kyk en depressief te raak. Maar moenie jou deur negatiewe omstandighede laat onderkry nie. Neem inisiatief en verander. Dink kreatief ...
Moenie toelaat dat vrees jou lewe dikteer en keer dat jy doelgerig leef nie. Leer hóé om JA te sê vir die lewe en dit ...