Vergifnis maak jou eie hart ligter

Vergifnis maak jou eie hart ligter 

Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. (Efesiërs 4:32) 

Daar is min dinge wat so moeilik is soos om te vergewe. Tog word dit baie duidelik van ons verwag! God wil ons nooit straf nie … Wanneer Hy in sy Woord vir ons sê om iets te doen al dan nie, is dit juis om ons harte te beskerm.

Om onvoorwaardelik te vergewe is om nie te wag vir daardie jammer nie, want jy mag dit moontlik nooit kry nie. As ons ...

Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. (Efesiërs 4:32) 

Daar is min dinge wat so moeilik is soos om te vergewe. Tog word dit baie duidelik van ons verwag! God wil ons nooit straf nie … Wanneer Hy in sy Woord vir ons sê om iets te doen al dan nie, is dit juis om ons harte te beskerm.

Om onvoorwaardelik te vergewe is om nie te wag vir daardie jammer nie, want jy mag dit moontlik nooit kry nie. As ons wag vir ’n jammer, of ’n gesprek of selfs ’n gesindheid wat nooit gaan gebeur nie, broei daar ’n kiem binne ons wat groter word en ons eie harte naderhand vergiftig. Op die ou einde word ONS die gevangenes.

Matthew West beskryf dit in sy liedjie, “Forgiveness”, so mooi: “The prisoner that it really sets free, is you.” Ja, soms “verdien” die ander persoon nie jou vergifnis nie. Maar dis nie waaroor dit gaan nie, want wat verdien ons werklik? En as jy aan die ander kant van die draad staan, sou jy nie daardie vergifnis wou ervaar nie?

Ek het al gevoel dat ek ’n “jammer” verdien, net om later te besef ek gaan dit nooit kry nie. Ek sou konstant daaraan dink en gereeld van voor af kwaad raak, net om te besef dit maak slegs vir my seer. Die ander persoon het heel moontlik lankal daarvan vergeet. Hoekom laat ek dan toe dat dit MY so ontstel?

Vergifnis is geen keuse nie, dis ’n verantwoordelikheid en vereiste. God verwag dit van ons. Verdien ons sy vergifnis? Nee, beslis nie, maar ons kry dit met ope arms, verniet, en soms selfs sonder dat ons om verskoning vra.

Kies om te vergewe en maak jou eie hart ligter!

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top