Chanelle Zaayman is 43 en werk in IT as besigheidsanaliseerder. As vrou van Petrus en ma van twee volwasse dogters, Amri en Kihara is haar lewe propvol – nie net met familie en werk nie maar ook met ysskaats, kerkbetrokkenheid en jeugbediening.

Ná byna 25 jaar se huwelik bevind sy en Petrus hulself nou in ’n nuwe lewensfase waar hulle mekaar opnuut leer vind. Nadat sy met ’n L4/L5-rugwerwelprobleem gediagnoseer is, het Chanelle besluit om haar gesondheid ernstig op te neem sodat sy ’n rugoperasie of ernstige komplikasies kan voorkom en met volharding en genade vorentoe kan stap.