Karin Smit is 54 en werk in die finansiële afdeling by Nedan Oils and Protein. Wanneer sy besluit om iets aan te pak, doen sy dit een honderd persent en met militêre selfdissipline.
Karin het besef sy wil nie meer soggens opstaan met ’n seer, stywe lyf vol pyne en ongemak nie. Sy wil ook weer mooi lyk vir haarself en netjies aantrek, veral omdat sy lief is vir klere en mooi skoene. Sy pak hierdie reis aan om haarself weer te vind, om tree vir tree vorentoe te beweeg en te bewys dat verandering op enige ouderdom moontlik is.