Eleanor Calitz is ’n 45-jarige voëlplaasbestuurder en enkelma van twee kinders, 12 en 6 jaar oud. Haar werk vra lang ure, maar wanneer sy tyd kry, geniet sy naaldwerk, borduurwerk, die natuur en kamp.
Sy glo die lewe gaan nie net oor wat jy besit nie, maar oor die kanse wat jy bereid is om te vat. Eleanor wil gesonder wees sodat sy saam met haar kinders kan rondhardloop en speel sonder om uitgeput te voel. Sy wil weer haarself herken, beter oor haar liggaam voel en sterk genoeg wees om voluit te leef.