[VIDEO] Die valstrik van vergelyking laat jou klein voel
- Self
- Rachelle Fourie
Die borrelende RACHELLE FOURIE het met die realiteitsprogram Op my eish! baie vinnig in kykers se hart ingekruip deur net haarself te wees.
Een van die groot lesse wat ek by Op my eish geleer het, is dat jy regtig nie jouself met ander mense kan vergelyk nie. Die valstrik van vergelyking laat jou klein voel.
Ek onthou die heel eerste dag wat ek daar aangekom het, moes ons modelwerk doen en deur wierook loop. Ek het probeer en probeer, maar dit het nie goed uitgewerk nie.
Dit het my uiteindelik begin onderkry en die kameraspan het gesê ek moet net teen die boom staan, hulle sal om my werk. Ek het so klein gevoel en daai aand het ek gehuil.
My skoonheid lê in my hart, nie in modelwerk nie. Die stilis het gesê: “Rachelle, as jou skoonheid in jou lê, laat dit uitkom en bou jou selfvertroue daarop.”
Van toe af het ek geglo in wat binne my is, dat Jesus binne my is en dat ek dit moet uitstraal. Wees altyd net jouself.
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die video
Méér video’s
Katinka Oosthuizen
- Katinka Oosthuizen
KATINKA OOSTHUIZEN is meer as net ’n aanlyn persoonlikheid, sy is ’n storieverteller by uitstek! Katinka die Kat gesels oor die krag van introverte. Ons ...
Lucia Dramat
- Lucia Dramat
Soms kies ons om twee keer swaar te kry. Ons herleef die slegte tye van die verlede in ons gedagtes. Ons loop die oomblik waarin ...
Bianca van Rensburg
- Bianca van Rensburg
Oefen jy net wanneer jy gewig wil verloor? Wanneer jou boude ’n bietjie kleiner moet wees vir daardie nuwe denim? Oefening hou egter soveel meer ...