[VIDEO] Die valstrik van vergelyking laat jou klein voel 

Die borrelende RACHELLE FOURIE het met die realiteitsprogram Op my eish! baie vinnig in kykers se hart ingekruip deur net haarself te wees. 

Een van die groot lesse wat ek by Op my eish geleer het, is dat jy regtig nie jouself met ander mense kan vergelyk nie. Die valstrik van vergelyking laat jou klein voel.

Ek onthou die heel eerste dag wat ek daar aangekom het, moes ons modelwerk doen en deur wierook loop. Ek het probeer en probeer, maar dit het nie goed uitgewerk nie.

Dit het my uiteindelik begin onderkry en die kameraspan het gesê ek moet net teen die boom staan, hulle sal om my werk. Ek het so klein gevoel en daai aand het ek gehuil.

My skoonheid lê in my hart, nie in modelwerk nie. Die stilis het gesê: “Rachelle, as jou skoonheid in jou lê, laat dit uitkom en bou jou selfvertroue daarop.”

Van toe af het ek geglo in wat binne my is, dat Jesus binne my is en dat ek dit moet uitstraal. Wees altyd net jouself.

Deel hierdie inhoud:

Meer Video's

Scroll to Top