Elke mens verdien respek. Niemand is gemaak om ’n vloerlap te wees nie. En die lewe is te kort om oor alles ’n pity party te hou.
As jy altyd soos die slagoffer voel en dink ander kom jou te na, is dit ’n goeie idee om daardie “ander mense” in jou lewe beter te probeer verstaan. As jy weet hoekom iemand op ’n sekere manier optree, is dit makliker om nie te dink alles wordop jou persoonlik gemik nie.
