Bitterheid en onvergewensgesindheid steel by jou… Dit beroof jou van vreugde en lewenslus en strem jou geestelike groei. Dit kan jou lewe en gedagtes oorneem.
Het jy geweet onvergewensgesindheid kan jou bloeddruk en jou hart aantas? Bitterheid kan jou ’n aggressiewe mens maak. Buitendien, as jy nie wil vergewe nie, benadeel jy net jouself. Die ander persoon gaan doodluiters aan met sy lewe. Dis net jy wat nie vry is nie, omdat jy nie vergewe nie…
