Vier vervoermaand met koninklike versekering wat geskik is vir elke rit

Van teer tot grondpad 

Oktober is vervoermaand in Suid-Afrika… ‘n Tyd om te besin oor hoe ons beweeg, wat ons bestuur, en hoe ons dit alles veilig en onbeskadig hou. Of jy nou werk toe ry, see toe gaan vir ‘n wegbreek, of jou beste vakansietoerusting saamdra, jou beweging maak saak. En so ook die regte versekering.

By King Price weet ons Suid-Afrikaners is ‘n diverse klomp… Van spoedvrate in opgeknapte sedans tot bakkie-liefhebbers en fietsryers. Daarom is ons vervoerversekering nie ’n een-grootte-pas-almal oplossing nie. Jy kies die dekking wat jou kar, jou behoeftes en jou begroting pas. Vervoermaand bevorder ook veiliger paaie, slimmer reisbeplanning en beter infrastruktuur. Maar dit begin alles by jou. So, laat elke reis tel hierdie Oktober! 

‘n Koninklike lys van die tipes vervoer wat ons dek

  1. Karversekering 

Of dit nou jou daaglikse rondrits kar of jou deftige Sondag kar is, ons bied: 

• Omvattende versekering (ons gewildste!). 

• ’Agreed value’ (waarde bly vas vir 3 jaar). 

• Derdeparty-, brand- en diefstaldekking. 

• Slegs derdeparty-dekking. 

• Diefstal- en afskrywingsdekking. 

Jy kan selfs opsionele ekstras soos ‘scratch & dent’, ‘tyre & rim’, ‘shortfall cover’ en ons R1-versekering byvoeg. 

Vir diegene wat ‘n bietjie meer luuksheid geniet of iets skaars bestuur, is ons ’Agreed value’-opsie ideaal. Dit verseker dat jou kar se versekerde waarde nie mettertyd sal daal nie, wat jou totale gemoedsrus gee. 

  1. Motorfietsversekering

Aandag alle padvaarders, avontuurlustiges en superfiets-aanhangers… Ons het:  

• Omvattende versekering.  

• Derdeparty-, brand- en diefstalversekering.  

• Slegs derdeparty-versekering. 

• Slegs diefstalversekering. 

As jou toerusting belangrik is (en dit behoort te wees), bied ons ook R1-versekering vir jou motorfiets toerusting wanneer jou motorfiets omvattend verseker is. 

  1. Sleepwa- en karavaanversekering

Hou jy daarvan om jou vakansiehuis op wiele te sleep? Ons versekering beskerm jou teen diefstal, verlies of skade… Boonop het ons ook opsionele versekering vir die inhoud van jou sleepwa en karavaan. 

Dis perfek vir daardie lang ritte see toe of wanneer jy jou gunsteling speelgoed soos vierwielmotorfietse of kampeertoerusting sleep.  

  1. Versamelkar versekering

Besit jy ‘n seldsame klassieke kar of ‘n Sondag pronkstuk? Jy kan versamelkarre verseker onder ons ‘Agreed value’ opsie, wat beteken die kar se waarde sal vir 3 jaar nie verminder nie. Maak net seker dat jy ‘n geldige waardasiesertifikaat verskaf. 

  1. Kommersiële vervoer versekering

Vir diegene in die vinnige baan van besigheid of boerdery, dek ons kommersiële en agri versekering alles van bakkies en trekkers tot afleweringsvoertuie en vlootbestuur. Van ploegskare tot vragte, ons kommersiële span staan jou by. 

Ons verstaan dat vervoer vir baie meer as gerief is… Dis jou lewensonderhoud. Daarom maak ons seker dat jou besigheid aanhou vorentoe beweeg.  

Vier vervoermaand met koninklike versekering

Vervoermaand gaan oor die viering van beweging en veiligheid. En by King Price glo ons dat elke reis koninklike beskerming verdien.

Koninklike voordele wat standaard is (saam met persoonlike versekering)

Wanneer jy jou kar omvattend by King Price verseker, kry jy outomaties:  

• Noodhulp bystand (padbystand, ongeluk, medies en huis). 

• Opsionele kar huur. 

• Dekking in buurlande vir privaat reise. 

• Dalende premies (vir omvattende karversekering). 

Boonop maak ons oorskakeling na King Price super eenvoudig. Alles kan aanlyn of met ‘n vinnige WhatsApp aan ons span gedoen word.  

So, hoe kies jy die regte dekking? Dit kom alles neer op wat jy bestuur, hoe gereeld jy dit bestuur en waarvoor jy dit gebruik. Hier’s ‘n  wenk:  

• Ry jy daagliks vir werk? Kies omvattende versekering.  

• Ry jy minder as die meeste? Probeer’Agreed value’ versekering.  

• Wil jy slegs dekking vir diefstal of afskrywing hê? Diefstal en afskrywing versekering is jou vriend.  

• Hou jy van fietsry of kamp? Moenie die ekstras vergeet nie: Sleepwa-inhoud en R1-versekering. 

Vervoermaand gaan oor die viering van beweging en veiligheid. En by King Price glo ons dat elke reis koninklike beskerming verdien. So, of jy nou in ‘n luikrug ry, op die snelweg op 2 wiele jaag, of jou naweekwegbreek sleep, vertrou ons om jou vervoer te verseker. 

Deel die artikel

Méér artikels

Maak gewigsverlies jou Nuwejaarsdoelwit vir 2026 met Die Dieet Waarvan Almal Praat – ’n koolhidraatbeheerde leefstylprogram met maklike maaltye, veilige druppels en persoonlike ondersteuning om ...

Finbond Groep Beperk bied gemoedsrus in ’n wêreld van stygende uitgawes en onsekere ekonomiese omstandighede deur jou te help spaar vir ’n veilige aftree-toekoms. Slim ...

Scroll to Top