Wanneer jy weerhou word van wat belangrik is

Wanneer jy weerhou word van wat belangrik is

Om baie besig te wees is sinoniem met die moderne wêreld, maar wat beteken dit werklik en hoe beïnvloed dit die dinge wat regtig belangrik is?

Wanneer jy te besig is om by dinge wat regtig saakmaak in jou lewe uit te kom, is dit interessant dat hierdie spesifieke insig oor jouself in jou blindekol skuil. Almal om jou is bewus daarvan, behalwe jy!

Om baie besig te wees is sinoniem met die moderne wêreld van tegnologie en spoed, maar wat beteken dit regtig en hoe beïnvloed dit jou verhoudings wat veronderstel ...

Om baie besig te wees is sinoniem met die moderne wêreld, maar wat beteken dit werklik en hoe beïnvloed dit die dinge wat regtig belangrik is?

Wanneer jy te besig is om by dinge wat regtig saakmaak in jou lewe uit te kom, is dit interessant dat hierdie spesifieke insig oor jouself in jou blindekol skuil. Almal om jou is bewus daarvan, behalwe jy!

Om baie besig te wees is sinoniem met die moderne wêreld van tegnologie en spoed, maar wat beteken dit regtig en hoe beïnvloed dit jou verhoudings wat veronderstel is om die belangrikste aspek van jou lewe te wees?

Besigwees kan maklik ’n kruk word om dinge in die lewe te vermy. “Ek is te besig om nou aan jou aandag te gee. Ek kan nie nou die probleem oplos nie. Ek moet gou eers iets anders doen.”

Elke keer wat jy hierdie woorde uiter, is die ontvanger besig om een treetjie terug te staan. Elke treetjie bring meer afstand en voor jy jou oë uitvee, staan jy alleen, want die afstand het so groot geword dat jy omtrent ’n brug moet bou om weer daardie verhouding te herstel.

Tegnologie is die beste ding wat met ons kon gebeur het, maar dit is ook die euwel wat besigwees konstant in jou hand plaas.

Jy moet net gou die boodskap lees of kyk of iemand die e-pos geantwoord het. Dit beteken dat die persoon wat voor jou sit se tyd by jou gesteel of gekaap word.

Mense ervaar dit meestal as disrespekvol teenoor die persoon wat teenwoordig is tot voordeel van die persoon wat iewers anders is en met ’n teksboodskap of e-pos jou tyd opeis of annekseer.

Besigwees kan jou weghou van die belangrike dinge

Besigwees kan veroorsaak dat jou brein nooit afskakel nie. Jou brein en liggaam kry nie kans om genoegsaam te rus nie. Wanneer jy die hele tyd besig is, kan jou gesondheid hieronder ly.

Probeer om ’n roetinelysie saam te stel. Soos wat jy jou dagboek skeduleer, moet jy tyd vir jouself skeduleer: tyd om reg (en rustig!) te eet, tyd om af te skakel voor jy gaan slaap, tyd om in jou skermvrye sones (jou slaapkamer, stoep of tuin) deur te bring, tyd om te mediteer, tyd om met jou geliefdes deur te bring.

Dit vat ’n doelbewuste besluit en daadwerklike aksie om tyd te maak vir jou binnekring-mense, jou gesondheid en jou stiltetyd. Die mees belangrike ding is om by hierdie roetinelysie te hou. As dit in die dagboek geskeduleer is, moet jy en almal om jou daarby hou, anders dien dit geen doel nie.

Die brein leer deur herhaling en blootstelling. Ons vorm elke dag nuwe breinpaadjies. Deur jou brein daagliks bloot te stel aan negatiewe gewoontes, is dit die paadjies wat gevorm word.

Mense vou hulle arms altyd op dieselfde manier. Probeer gerus om jou arms op ’n ander manier te vou. Moeilik!

Dis ’n breinpaadjie wat oor baie jare gevorm is. Om dit te verander, moet jy vir ’n paar weke elke dag jou arms op ’n nuwe manier vou sodat die ou breinpaadjie kan verdwyn en die nuwe een in die plek daarvan kan kom.

Netso moeilik is dit om die gewoonte van besigwees te breek en met ’n nuwe breinpaadjie te vervang wat keer dat jy te besig raak om uit te kom by dit wat belangrik is.

Deel die artikel

Méér artikels

Daar is sekere basiese behoeftes en beginsels wat ons in plek moet hê in ons lewens om voluit te kan leef. Leer hoe om balans ...

Jy droom om iets merkwaardig met jou lewe te doen. CATHERINE VAN HEERDEN help jou bepaal of jou ambisie die tyd werd is wat jy ...

Scroll to Top