Wat is die verskil tussen ’n begrafnisplan en lewensversekering?

Lewensversekering en ’n begrafnisplan word soms saam gegroepeer, maar  vervul verskillende finansiële behoeftes op verskillende stadiums van ’n mens se lewe.

Wat kan ’n begrafnisplan jou bied?

’n Begrafnisplan se doel is om die onmiddellike onkoste wat met ’n begrafnis gepaard gaan, te dek. Sodra ’n geldige eis goedgekeur word, betaal die polis ’n eenmalige kontantbedrag uit, wat gebruik kan word vir uitgawes soos die begrafnisdiens, verassing, vervoer en ander praktiese reëlings.

’n Begrafnisplan het wél ’n duidelike beperking. Die bedrag wat uitbetaal word, is bedoel om begrafniskoste te dek en is nie bedoel om verdere finansiële ondersteuning aan afhanklikes te bied nie. Om dié rede kan dit ’n risiko wees om slegs op ’n begrafnisplan staat te maak, aangesien huishoudings se daaglikse uitgawes steeds voortgaan.

Besoek https://tinyurl.com/VGLife

vir lewensversekering of ’n begrafnisplan.

Wat is die doel van lewensversekering?

Lewensversekering beskerm afhanklikes finansieel ná ’n afsterwe, veral wanneer ’n inkomste skielik wegval. Wanneer ’n geldige eis uitbetaal word, ontvang begunstigdes ’n kontantbedrag wat gebruik kan word om deurlopende lewenskoste te dek, soos huishoudelike uitgawes, vervoer, skool- of studiegeld, en huur- of verbandbetalings. Op hierdie manier help lewensversekering gesinne om finansiële stabiliteit oor tyd te behou, nie net in die onmiddellike tyd ná ’n afsterwe nie.

OUTsurance wil graag lewensversekering meer toeganklik maak deur tot en met R5 miljoen se dekking aan te bied sonder enige mediese toetse vir kwalifiserende kliënte. Dit daag die aanname uit dat lewensversekering altyd kompleks of moeilik is om te bekom.

Waar die verskil duidelik raak

Wanneer iemand sterf, word die finansiële impak nie alles op een slag gevoel nie. In die eerste dae ná ’n afsterwe is die fokus dikwels op die reël van die begrafnis en die dekking van dringende koste. ’n Begrafnisplan is daarom ontwerp om families te help om hierdie eenmalige uitgawes te hanteer sonder bykomende finansiële druk.

Ná die begrafnis, moet  huishoudelike rekeninge steeds betaal word, en huur- of verbandbetalings stop nie. Dis dán wanneer lewensversekering ’nbelangrike rol speel en afhanklikes kan help om hul huidige lewenstandaard te handhaaf of om te begroot vir langtermynuitgawes soos skoolfonds of studiegeld.

Vrywaring: OUTsurance Life is ‘n gelisensieerde versekeraar en FDV. B’s en V’s aanlyn. Limiete geld.

Deel die artikel

Méér artikels

Die Belangstellingsbepaler deur die Noordwes-Universiteit (NWU) is ’n gratis aanlyn hulpmiddel wat leerders help om hul belangstellings te verken en moontlike studierigtings te ontdek wat ...

Woodoc help huiseienaars om hul houtdekke te beskerm, te vernuwe en te onderhou vir langdurige prag en uitstekende beskerming in Suid-Afrika se strawwe klimaat. Beskerm ...

Scroll to Top