Wen jou man met jou woorde
- Huwelik MENTOR
- Gretha Wiid
Vroue wil graag hê hulle mans moet bou aan ’n verhouding met die kinders. Baie pa’s wil, maar weet eenvoudig nie hoe nie. Help hom met jou woorde!
Praat oor kwessies voordat dit verander in wrewel
Kom ons wees eerlik: Ons sukkel soms om te kies tussen ons kinders en ons mans. Ons sê nie verniet nie: “Sukkel met my kinders, en jy kry met my te doen.” Dit is ook soms waar wanneer Pappa die skuldige is…
Ons besef nie aldag die impak hiervan op ons huweliksverhouding nie. ’n Vrou wat voel haar man is emosioneel afwesig, fisies onbetrokke, onbillik of te streng met die kinders, plaas geweldige stremming op ’n huwelik.
Aanvanklik raak vroue dalk gefrustreerd of teleurgesteld omdat hulle drome en verwagtinge van die pa-kind-verhouding nie realiseer nie. Dan maak ons die fout om tussenbeide te tree. Ons paai die kinders om stil en rustig te wees om die vrede in die huis te bewaar. Ons manipuleer hulle emosioneel in ’n poging dat Pa tog net die kinders moet raaksien. Ons gaan slaap kwaad, vee krapperigheid onder die mat in en ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
As jou huwelik al ontrouheid moes trotseer, weet jy dis een van die seerste dinge in die lewe. Maar daar is hoop – dis moeilik, ...
Huweliksmaats het stokperdjies nodig. Maak net seker daar is balans, en dat dit nie gehaltetyd saam met jou maat steel nie. Vind balans tussen jou ...