Moet jy hom vashou of ruimte gee?

Moet jy hom vashou of ruimte gee?

Haat jy dit as jou man alleen sy eie ding wil doen? Of pla sy besitlikheid jou? Dalk lê die oplossing in sy ouerhuis.

Jou ouerhuis beïnvloed jou idee van spasie

Elke kind beleef sy of haar eie gesinslewe as normaal. Dis tog al wat ’n mens van kleins af ken. Die dag as julle trou, verwag jy dus onbewustelik dat die nuwe gesin dieselfde sal lyk.

In sy ouerhuis was daar dalk ruimte om homself te wees en sy gang te gaan. Dit was dalk nooit nodig om verslag te doen oor waar hy was en wat hy gedoen het nie.

Hulle gesin het miskien selde hulle gevoel vir mekaar gewys. Of dit was nie belangrik om as gesin dinge saam te doen nie.

In julle huis het dit miskien heeltemal anders gewerk. Pa en Ma het moontlik gesorg dat die gesin ’n hegte eenheid was – al was dit dan ook met streng reëls. Met vakansies moes die gesinslede die meeste dinge saam doen. Enigiets wat die kinders op hulle eie wou doen, moes hulle spesifiek toestemming voor kry ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

RIANA NEL weet waarheen om te gaan om op elke gebied vrede, geluk en sukses te vind. Sy vind dit in die teenwoordigheid van die ...

Glo dit of nie, elkeen van ons het ’n perfekte sespak. Om jou mooi maag met trots te kan wys, moet jy van die vetjies ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!