Maak jou huwelik jou moeg?
- Gelukkig getroud
- Verwerk uit Dis oukei... As jou kinders verskil van Ewald en Beatrix Jansen van Rensburg deur Ilze Ludick.
Jy wonder of jou man jou regtig liefhet en of julle ooit moes getrou het. Is jy – of jou huwelik – dalk besig om uit te brand?
Onderskei tussen stres en uitbranding in jou verhouding
Tussen die kinders, julle werk, die familie, sy weeklikse gholf en jou gimsessies het jy skaars genoeg energie om hom hallo te soen! En erken dit nou maar: Soms lê jy wakker en wonder of dít werklik is hoe ’n huwelik moet wees. Jy is moeg, hy is moeg en (dalk) is jou huwelik ook moeg.
Jou verhouding met jou maat is veronderstel om jou woema te gee, maar nou gebeur die teenoorgestelde. Jy is uitgeput as jy net dink aan ’n lang toekoms saam met jou man.
Dit voel asof jy die enigste een is wat nog moeite doen met die verhouding. Party dae dink jy selfs dit is miskien tydmors om getroud te bly. Dit maak jou moeg om aan hom aandag te gee en jy vermy hom eerder – jy gaan slaap al vroeër en staan later ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Paartjies wat trou, glo dat hulle nugter is oor wat voorlê. Tog is dit dikwels dieselfde mense wat later skei. ’n Strategiese plan is die ...
Volgens die spreekwoord kan dit wat jy nie weet nie, jou nie seermaak nie. Dalk is dit waarom paartjies mekaar nie altyd alles vertel nie. ...