Daar is ’n rede hoekom ek moes leef

Daar is ’n rede hoekom ek moes leef

Daar is baie te leer uit slegte ervarings. Hoe kosbaar die mense na aan my is. Om met nuwe oë na my lewe te kyk en te besef hoeveel ek het. Ek is volkome en letterlik in die hande van die Here.

Dis eers in die hospitaal dat ek werklik tot verhaal kom. Ek sien weer hoe ek in die linkerkantste baan agter ’n lang ry motors aankruie, dan die rigtingwyser aansit om van baan te verwissel waar die verkeer vinniger vloei.

Maar dan is ’n vragmotor in die regterbaan skielik voor my. Die vragmotor beweeg teen ’n slakkepas, so stadig dat dit feitlik stilstaan.

Ek moet uitswaai voordat ek teen die vragmotor bots. Ek swenk links, terug na die baan waaruit ek so pas gekom het.

Dankie tog, ek het dit gemaak. Dis oukei. Maar nee, toe nie.

Op die laaste oomblik tref my motor die agterkant van die vragmotor. Daar is ’n harde slag, ’n aaklige en onheilspellende geluid. Die volle impak van die botsing tref my.

Die Land Rover swenk na links en bars deur die heining ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Gryp elke geleentheid aan, want jy weet nooit watter deure dit vir jou sal oopmaak nie. My gehoorgestremdheid was deel van Sy groter plan vir ...

Geopende Deure is ’n internasionale, nie-winsgewende organisasie wat bystand lewer aan sowat 365 miljoen Christene in meer as 70 lande reg oor die wêreld wat ...

Scroll to Top