Die beste lipstiffie vir jou

Die beste lipstiffie vir jou 

Die regte lipkleur kan jou voorkoms sommer onmiddellik opkikker. Maar hoe kies ’n mens uit die reënboog-warboel van opsies? 

Daar is ’n ongelooflike verskeidenheid grimeerprodukte op die winkelrakke. Maar, om iets nuuts te kry wat wérk, voel partykeer soos ’n onmoontlike taak.

Daarom koop ons maar jaar in en jaar uit dieselfde lipstiffie. Deur vas te stel of jou gelaat koel, warm of neutraal is, kan jy die probleem sommer maklik oplos.

Iemand met ’n koel ondertoon se vel het ’n pienk, rooi of blou tint. Jy brand waarskynlik ...

Die regte lipkleur kan jou voorkoms sommer onmiddellik opkikker. Maar hoe kies ’n mens uit die reënboog-warboel van opsies? 

Daar is ’n ongelooflike verskeidenheid grimeerprodukte op die winkelrakke. Maar, om iets nuuts te kry wat wérk, voel partykeer soos ’n onmoontlike taak.

Daarom koop ons maar jaar in en jaar uit dieselfde lipstiffie. Deur vas te stel of jou gelaat koel, warm of neutraal is, kan jy die probleem sommer maklik oplos.

Iemand met ’n koel ondertoon se vel het ’n pienk, rooi of blou tint. Jy brand waarskynlik maklik, jou are lyk blouerig en silwer pas beter by jou as goud.

Vir jou sal ’n helderkleurige lipstiffie met ’n effense blou of pers skakering die beste werk. As jy van rooi hou, kies eerder iets met ’n blou ondertoon as warm oranje.

As jou vel meer geel of goud vertoon en ’n groenerige skynsel het, het jy ’n warm ondertoon.

Dit beteken dat jy waarskynlik maklik bruin brand, en dat goud beter as silwer by jou pas. Kies ’n lipstiffie met nude of warm skakerings soos rooi en oranje.

Iemand met neutrale ondertone lyk goed met silwer en goud. Jy kan kies en keur uit al die lipstiffieskakerings.

Neem ook die grootte van jou lippe in ag.

As jy ’n kleinerige mond het, sal lipverglanser jou lippe groter laat lyk. ’n Mat skakering beklemtoon weer mooi groot lippe die beste.

Geniet die kaleidoskoop van kleure op die mark. Die belangrikste is dat jou lipstiffie by jou persoonlikheid pas en dat jy dit met gemak kan dra.

Deel die artikel

Méér artikels

Hier is ’n paar maklike wenke om ’n dowwe, moeë gelaat weer lewe en glans te gee en te bevogtig met die regte grimering. ’n ...

Goed gedefinieerde, voller wenkbroue gee definisie aan jou gesig. Dit is maklik om met ’n paar grimeerkunsies die illusie van perfekte wenkbroue te skep. Dié ...

Scroll to Top