Die emosionele redes hoekom jy eet

Die emosionele redes hoekom jy eet

Mindful eating behels die bewustheid van wat en hoekom jy op ’n gegewe tyd eet, sonder om die rede of emosie te oordeel. 

Daar is verskeie redes hoekom ons eet en dit is dikwels nie omdat ons honger is nie.

Soms eet jy net daai stukkie koek om nie iemand in die gesig te vat nie. In so ’n geval kan jy vir ’n kleiner porsie vra.

Moenie verplig voel om van alles te eet indien daar verskeie opsies is nie. As jy die vrymoedigheid het, sê “nee dankie”. ...

Mindful eating behels die bewustheid van wat en hoekom jy op ’n gegewe tyd eet, sonder om die rede of emosie te oordeel. 

Daar is verskeie redes hoekom ons eet en dit is dikwels nie omdat ons honger is nie.

Soms eet jy net daai stukkie koek om nie iemand in die gesig te vat nie. In so ’n geval kan jy vir ’n kleiner porsie vra.

Moenie verplig voel om van alles te eet indien daar verskeie opsies is nie. As jy die vrymoedigheid het, sê “nee dankie”. ’n Mens hoef nie altyd ’n rede te gee nie.

Ander kere kan ’n onbeheerbare lus vir iets spesifieks toegeskryf word aan omstandighede buite jou beheer of emosionele faktore.

Seisoensveranderinge, te min slaap of fisieke pyn kan veroorsaak dat jy net heeldag wil peusel. Soms het jou liggaam ’n suikerhupstootjie nodig om goedvoelhormone te produseer. Vra ’n dieetkundige of jou dokter om jou te help om die oorsaak te identifiseer.

Baie kere is faktore soos konflik, depressie, angs, en spanning betrokke.

Indien jou emosionele eetgewoontes buite beheer begin raak, is dit wys om ’n berader of sielkundige te nader wat tegnieke sal voorstel om jou situasie beter te bestuur.

Oefening is een so ’n geheime wapen. ’n Lekker laatmiddag stap- of drafsessie saam met ’n vriendin is altyd ’n goeie manier om ’n moeilike dag af te skud.

Vra jouself af: Is ek werklik honger of is daar ’n ander rede vir my eetlus?

Besef wat en hoekom jy eet – sonder om jouself af te kraak of daaroor skuldig te voel.

Deel die artikel

Méér artikels

Om gewig te verloor en dit af te hou is baie meer werd as die eetplan teen die yskas. Vra jouself: Kan hierdie manier van ...

Deur bewus te wees van wat ons eet en hoekom ons eet, kan ons die stryd teen emosionele eet wen. As jy die woord dieet ...

Scroll to Top