Die krag van gebed is groot

Die krag van gebed is groot

As U maar die hemel wou oopskeur en wou afkom sodat die berge voor U skud! Kom af soos ’n vuur wat fynhoutjies laat brand, soos ’n vuur wat water laat kook.
(Jesaja 64:1-2)

Wat ’n vurige gebed deur die profeet Jesaja, aan wie God die koms van die Messias, reeds 700 jaar vóór sy geboorte, openbaar het! Jesaja was onversetlik in sy geloof en het onverskrokke vasgehou aan sy belofte van die Here.

Al sou hy nooit in sy leeftyd die fisieke geboorte van Jesus sien nie, was hy oortuig daarvan in ...

As U maar die hemel wou oopskeur en wou afkom sodat die berge voor U skud! Kom af soos ’n vuur wat fynhoutjies laat brand, soos ’n vuur wat water laat kook.
(Jesaja 64:1-2)

Wat ’n vurige gebed deur die profeet Jesaja, aan wie God die koms van die Messias, reeds 700 jaar vóór sy geboorte, openbaar het! Jesaja was onversetlik in sy geloof en het onverskrokke vasgehou aan sy belofte van die Here.

Al sou hy nooit in sy leeftyd die fisieke geboorte van Jesus sien nie, was hy oortuig daarvan in sy gees, en seker in sy hoop dat die Verlosser wel sou kom. Juis met hierdie geloof kon hy uitroep na sy Vader, wat dan ook sy gebed geëer en verhoor het.

Hier sien ons die krag van gebed in aksie. Ons gebed op aarde is nie gebonde aan ons leeftyd nie, maar strek van geslag tot geslag, oor geslagte heen. Honderde jare ná Jesaja se afsterwe verhoor die Vader in sy almag die gebed van sy dienaar Jesaja. God sélf kom af na sy kinders toe, om hulle te red uit die kloue van die vyand en die dood. Emmanuel, God met ons, word gebore, en skenk aan ons lewe in oorvloed!

God, in sy grootheid, stel belang in selfs die kleinste detail van ons lewe. Sy hart is gedryf deur sy onvoorwaardelike liefde vir ons. Hy wil betrokke wees in elke faset van ons lewe – op so ’n intieme wyse, met Hom ín ons en ons ín Hom, dat ons deur Hom en in Hom kan leef.

Met hierdie vaste wete dat Hy die gebed van sy kinders hoor en verhoor, kan ons na Hom gaan met ons eie gebedsversoeke. Ongeag wat jou gebed mag wees, weet dat die Almagtige getrou en regverdig is. Nooit sal Hy dié wat in geloof na Hom uitroep, wegwys nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top