Die Mediterreense leefstyl, waarop CSN se eetplan gegrond is, fokus op vars, voedingryke kos en minder verwerkte voedsel om gesondheid, gewigsbeheer en langtermyn welstand te ondersteun.
Waarom die Mediterreense dieet meer as net ’n gewigsverliesdieet is
Die Mediterreense dieet is nie ’n streng, gestruktureerde dieetplan nie, maar eerder ’n leefstyl wat op gesonde voedselkeuses fokus.
Dit is geïnspireer deur tradisionele eetgewoontes van onder meer Italië en Griekeland.
Die voedingspatroon is ryk aan vrugte, groente, volgraan, bone, neute, sade en olyfolie.
Vis, seekos, eiers en pluimvee word ook ingesluit, terwyl verwerkte voedsel en bygevoegde suikers beperk word.
Wetenskaplike bewyse verbind die Mediterreense dieet met verskeie gesondheidsvoordele, insluitend ondersteuning vir hartgesondheid en gewigsbeheer.
Begin vandag met gesonder gewoontes!
Ontdek CSN se gewigsverliesbenadering by csn.co.za/l/vlg15.
Klein, eenvoudige veranderinge kan jou daaglikse eetgewoontes heelwat gesonder maak
Jy hoef nie jou hele leefstyl oornag te verander nie.
Begin met eenvoudige, praktiese keuses wat maklik deel van jou daaglikse roetine kan word.
Vervang gewone kookolies met ekstra suiwer olyfolie, eet meer vis en voeg groente by jou hoofmaaltye.
Kies vars vrugte as ’n soeter alternatief en hou ’n handvol ongesoute neute byderhand vir ’n voedsame versnapering.
Dié dieet beklemtoon ook die waarde van heelgrane en vars, voedingryke voedsel.
Hierdie benadering maak gesonde eetgewoontes eenvoudiger en meer volhoubaar.
Hoe CSN kan help om gesonder gewoontes en gewigsdoelwitte te ondersteun
Die beginsels van die Mediterreense dieet sluit goed aan by ’n leefstyl waarin vars, voedingryke voedsel en minder verwerkte kos ’n belangrike rol speel.
CSN kan hierdie fokus op gesonder leefstylgewoontes aanvul met ’n gestruktureerde benadering tot gewigsverlies.
Die CSN-program kan jou help om doelgerigte veranderinge aan jou eetgewoontes te maak, terwyl jy fokus op jou gewigsdoelwitte.
Onthou dat gewigsverlies nie net oor wát jy eet gaan nie.
Die leefstylprogram beklemtoon ook dat totale daaglikse energie-inname en gereelde oefening belangrik is om jou doelgewig te bereik en te handhaaf.
Begin vandag met gesonder gewoontes en ontdek CSN se gewigsverliesbenadering by csn.co.za/l/vlg15.