Die veelsydigheid en vele geure van quinoa

Die veelsydigheid en vele geure van quinoa

Die klein saadjies kan soos rys gekook of fyngemaal word en het ’n effens neuterige smaak. Dié graan word in ontbytgrane, bykosse, pasta en ander resepte aangetref.

Dit is maklik om voor te berei en smaak hemels as dit met kruie, speserye en ander smaakmiddels – selfs tee – sout of soet gegeur word. Dit kan byvoorbeeld in vanieljegegeurde rooibostee in plaas van water gaargemaak word.

Benewens die verskeidenheid bedieningsopsies staan dié lae-GI-graan as ’n “superkos” bekend as gevolg van die gesondheidsvoordele wat dit inhou. Quinoa is glutenvry en bevat meer vesel as die meeste graansoorte. Dit is ook hoër in B-vitamiene as gars, rog, rys en koring.

Dit is ook ryk aan anti-oksidante, bevorder gesonde cholesterol en bloeddruk, en word as die perfekte bron van plantaardige proteïne beskou omdat dit al nege essensiële aminosure verskaf. Dit is ideaal vir mense wat minder vleis wil eet.

Om quinoa deel te maak van ’n slaai of groentedis is die ideale manier om ’n gebalanseerde bord kos voor te sit – selfs vir middagete werk toe. Net omdat dit soos ’n graankos lyk, beteken nie dat dit nie ...

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

“Wat ook al gebeur, Hy is met my” Op sangeres RIANA NEL se geloofspad was daar al baie op- en afdraandes. Sy stap dit dapper ...

Vir die onbekende is ZOË BROWN nie bang nie. Inteendeel, passie, toewyding en selfdissipline help haar om berge te versit. Vir haar is die lewe ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!