Liezel Pieters

Eers kind van God, dan sanger en liedjieskrywer

Die sangeres en liedjieskrywer LIEZEL PIETERS is lank reeds is ’n bekende gesig op die Krone-verhoog. Ons gesels oor musiek, geloof en hoop, én die ondersteunende krag van familie.

Aan die begin van jou loopbaan het jy hoofsaaklik in teaterstukke opgetree. Deel met ons jou hoogtepunte. 

Ek het vir amper sewe jaar teaterstukke gedoen, wat vir my baie lekker was. Dit het vir my dissipline geleer. Ek was jonk, so dit was lekker.

My heel eerste vertoning was in 2005, en daar moes ek alles doen. Ek ...

Die sangeres en liedjieskrywer LIEZEL PIETERS is lank reeds is ’n bekende gesig op die Krone-verhoog. Ons gesels oor musiek, geloof en hoop, én die ondersteunende krag van familie.

Aan die begin van jou loopbaan het jy hoofsaaklik in teaterstukke opgetree. Deel met ons jou hoogtepunte. 

Ek het vir amper sewe jaar teaterstukke gedoen, wat vir my baie lekker was. Dit het vir my dissipline geleer. Ek was jonk, so dit was lekker.

My heel eerste vertoning was in 2005, en daar moes ek alles doen. Ek is letterlik in die diep kant ingegooi.

Ek moes kitaar, baskitaar en perkussie speel en sing. Dit was beslis ’n hoogtepunt van my teaterloopbaan.

Daarna het ek vir ’n paar jaar by Barnyard opgetree en die heeltyd getoer. Ek was nooit by die huis nie.

Ek was jonk, so dit was lekker om die land te sien en verskillende musiek te sing. By Barnyard moes jy alles kon sing, van Celine Dion tot ACDC en die woorde goed ken.

Vir my was ’n hoogtepunt om as 18-jarige meisie Johannesburg toe te kon trek en musiekteater te doen.

Die eerste liedjie wat jy self geskryf het, was ’Jy is genoeg’. Wat is die storie agter die liedjie?  

Ek is nie ’n gesoute skrywer nie. Die gevoel en die boodskap wat ek aan mense wou oordra, is dat jy moet altyd onthou en weet jy is genoeg.

Mense na aan my het probleme ervaar. Ek het oor die liedjie begin dink, die woorde neergeskryf en dit is wat uitgekom het. Ek is baie trots daarop.

Die boodskap is definitief om vir mense te sê jy is genoeg. Maak nie saak wat mense van jou sê of dink nie, jy is genoeg. As die Here sê jy is genoeg, dan is jy genoeg.

Hoekom is dit vir jou belangrik dat mense weet jy is ’n kind van God?  

Dis vir my belangrik om te weet waarheen ek op pad is, wie my Skepper is en dat ek ’n pad met my liewe Vader stap. Hy wil hê ons moet Hom eer, dankie sê en prys.

En dit is presies wat ek wil doen. Ek wil Sy pad loop. Ek wil só deur die Heilige Gees gelei word dat ek weet wat ek vanaand of môre doen, is omdat Hy my soontoe lei.

Dit waaroor ek praat, skryf, sing en die stories wat ek vertel, is omdat Hy wil hê ek moet dit doen. Dit kom uit my hart en Hy maak my hart rein.

Elke lees elke oggend Bybel en maak tyd vir stilte. Dit is vir my belangrik dat ander mense weet, nie om af te show nie. Ek wil myself herinner dat ek nie my eie planne maak nie, net die Here kan.

Jy gesels baie oor hoop. Wanneer in jou lewe moes jy styf aan hoop vashou?  

Hoop is vir my belangrik. Dit is ’n besluit wat ek moes maak om te hoop dat my loopbaankeuse uitwerk, want dit is onvoorspelbaar.

Dit is nie iets wat jy in ’n boek kan lees en weet wat die uitkoms is nie.

Dit is belangrik om hoop te hê. My groot hoop in my lewe is om te hoop dat my keuse vir die toekoms genoeg sal wees om my te kry tot waar die Here my wil hê en om ’n suksesvolle loopbaan te lei.

Dit was ’n groot hoop, want ek het daai besluit gemaak toe ek baie jonk was.

Wat was vir jou die grootste uitdaging om in ’n groot familie groot te word? 

Ek het ’n wonderlike familie en ’n wonderlike opvoeding gehad. My familie was baie ondersteunend. Ek het soveel kere op my knieë gegaan om dankie te sê vir hulle wat my ondersteun het en my deur baie dinge gedra het. Klippe gekou, trane, lag.

Ek het ’n groot gesin, wat glad nie uitdagend was nie. Ons was baie naby aan mekaar; niemand het weggeraak nie. Daar is seker gemaak dat jy weet jy is belangrik, al was daar 15 nefies of 10 niggies.

Ons het alles saam gedoen en vakansie gehou. As ek nou na die foto’s kyk, word ongelooflike herinneringe opgewek.

Dit is lekker om te sien dat ons almal saam op vakansie gegaan het, saam in ’n eetplek geëet het en almal saam iemand se verjaardag gevier het. Dit was wonderlik en ek kan nie kla nie.

Jy beskryf jou familie as baie ondersteunend. Wanneer moes jy veral op hulle ondersteuning staatmaak?  

Daar was beslis ’n insident waar ek my familie se ondersteuning verskriklik nodig gehad het.

Ek het vir Idols ingeskryf en die hele familie het saamgekom en natuurlik ’n dag daarvan gemaak.

Ek het ingegaan, my oudisie gedoen, uitgekom en weer ingegaan vir ’n volgende ronde, omtrent twee of drie keer. Toe, die laaste keer wat ek ingegaan het, het hulle gesê ek gaan dit nie maak nie.

Dit was teleurstellend, maar die familie het my so ondersteun toe ek daar uitstap. Ek het steeds soos ’n wenner gevoel, danksy hulle ondersteuning en opbouende kommentaar.

Deel die artikel

Méér artikels

ELIZMA THERON het al groot hoogtes bereik as sangeres, aktrise en model, maar dié ma van twee weet dat haar gesin veel belangriker as roem ...

Dit lyk of geen uitdaging VANES-MARI DU TOIT bang maak nie. Of dit in die raadsaal van ’n korporatiewe maatskappy is of om ’n berg ...

Scroll to Top