Ek kan net myself wees

Ek kan net myself wees

MILA GUY is nie meer kind nie, maar tog steeds ’n dogter in haar ouerhuis; volwasse, al het sy nog haar pa nodig; ’n aktrise wat nie altyd oudisies slaag nie. Eintlik kan sy net een ding wees – haarself.

Dis net soos in die flieks. Dis daardie oomblik, daardie breukdeel van ’n sekonde voor die kar die paal getref het, wat ek nie kan onthou nie. My arms is hier; my bene ook. Ek glo ek is orraait. Daar kreun my vriendinne. Gelukkig. Dis soos musiek in my ore.

My kar ...

MILA GUY is nie meer kind nie, maar tog steeds ’n dogter in haar ouerhuis; volwasse, al het sy nog haar pa nodig; ’n aktrise wat nie altyd oudisies slaag nie. Eintlik kan sy net een ding wees – haarself.

Dis net soos in die flieks. Dis daardie oomblik, daardie breukdeel van ’n sekonde voor die kar die paal getref het, wat ek nie kan onthou nie. My arms is hier; my bene ook. Ek glo ek is orraait. Daar kreun my vriendinne. Gelukkig. Dis soos musiek in my ore.

My kar was nie so gelukkig nie, en my pa-hulle was bitter ongelukkig.

In Nieu-Seeland kan ’n mens al op 16 jaar ’n rybewys kry, maar dan mag jy nie ná tienuur in die aand bestuur of passasiers in die motor hê nie.

Nog nooit voorheen het ek toegegee aan groepsdruk nie, maar op daardie belangrike aand het ek presies gedoen waarteen my ma my gewaarsku het – my vriende gaan oplaai om êrens heen te ry. Toe gly die kar op die ys, ons is in ’n paal vas en dit word net daar en dan afgeskryf.

Ek is ewig dankbaar dat my ouers so goed na my omsien.

Die enigste keer dat ek myself verloor het om by iemand in te pas, was in ’n verhouding met ’n Nieu-Seelander. ’n Mens probeer so hard om die perfekte persoon vir die ander een te wees dat jy jouself in die proses verloor.

In ’n poging om hom tevrede te stel, het ek nie meer (op my eie) saam met vriende gekuier nie.

Daardie verhouding het my laat besef dat ek net myself kan wees. Ander moet aanvaar wie ek is en liefhê vir daardie rede. Om te verander vir ’n ander persoon sal nie lank hou nie. Die ware Mila sal altyd weer na vore kom. Sy is daar en vorm my menswees.

Uiteindelik het jy net jouself, met wie jy vir die res van jou lewe moet saamleef. Al wat tel, is dat jy gelukkig is met die persoon wie jy is. Net soos my ma-hulle wil ek graag ook eerder die liefde in my lewe se “bestie” wees.

Die nuus het uit die bloute by my aangekom: My oudisie vir Ballade vir ’n enkeling het nie geslaag nie. My droom om in die filmweergawe van my destydse gunsteling-TV-reeks te speel, was ná maande van hoop aan skerwe.

Teen dié tyd is die teleurstelling ná ’n mislukte oudisie egter nie meer so verpletterend soos voorheen nie. Die eerste keer was vir ’n rol in Binnelanders, net nadat ek teruggekeer het na Suid-Afrika vanuit Nieu-Seeland.

Deesdae weet ek beter hoe om myself te kalmeer en met my emosies vrede te maak as ek uit ’n oudisie kom en as ek hoor dat ek nie ’n rol gekry het nie.

By ’n stil plek raak ek rustig en my hart word gevul met dankbaarheid omdat ek konsentreer op dít wat ek wel het. “Dankie vir al die rolle wat U vir my beplan en reeds gereed het,” sal ek met die Here gesels.

By Hom kry ek rustigheid. Hy voorsien altyd op ’n manier. Vir my is Hy ’n God van mooi dinge, vol liefde en sonder oordeel. By Hom kan ek myself wees in die wete dat Hy elke tree op my pad aan my sy is.

Deel die artikel

Méér artikels

ELIZMA THERON het al groot hoogtes bereik as sangeres, aktrise en model, maar dié ma van twee weet dat haar gesin veel belangriker as roem ...

Dit lyk of geen uitdaging VANES-MARI DU TOIT bang maak nie. Of dit in die raadsaal van ’n korporatiewe maatskappy is of om ’n berg ...

Scroll to Top