
Beteken gelukkig-wees dat alles perfek is?
- Bekendes
- Elma Postma
In my jonger dae was daar dikwels die druk om by rooitapytgesellighede gesien te word. Die gevoel om te móét netwerk en skouers-skuur met die regte mense by die regte plekke om vorentoe in die bedryf te beweeg.
Dis nou nie meer so belangrik nie, want my prioriteite het verander. Die groter prentjie raak al hoe duideliker.
’n Mens leer dat dit beter is om eg te wees aan jouself eerder as om gedurig aan ander se verwagtinge te probeer voldoen.
Dis ’n gegewe: ek gaan nooit almal tevrede stel nie …
Wat ’n verligting om dit te besef! Ek haat dit byvoorbeeld om hakskoene te dra – dit druk en maak seer en word gewoonlik uitgeskop, doer in die hoek, so gou as wat ek kan.
Daarom is dit lekker om nou meer kieskeurig te wees oor watter uitnodigings aanvaar word en watter nie. Dis ongelooflik bevrydend.
Hierdie hele nuwe lewensfase voel eintlik soos ’n deurbraaktydperk; ’n ontdekking van hoe ek graag die res van my lewe wil leef.
’n Besef dat geluk en ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Binnekort is REANDI GREY te sien as die nuwe aanbieder van Boer soek ’n vrou. Haar geloof, kreatiwiteit en liefde vir die lewe skyn deur ...
ELSJE SLABBERT, bekende aktrise en onlangs te sien as Lisa in Suidooster, is al 10 jaar getroud en het twee woelwaters. Elsje deel graag haar ...