Ek ken vrees

Ek ken vrees – Elizma Theron

ELIZMA THERON kan sing oor die lief en leed van die lewe, want sy het al self die goeie en die slegte daarvan beleef, deurleef en oorleef ‒ en sterker anderkant uitgekom. Sy het stukkie vir stukkie die lewe begin terugvat ... totdat haar vrees uiteindelik vervang is met vrede en vryheid.

Hoe jy vrees hanteer is jou besluit

Die lewe het al ’n paar opslagballe in haar rigting afgestuur, maar dan slaan sy – sonder om dit vooraf te beplan – ’n kishou terug. Alles uit pure genade.

Soos toe sy heeltemal uit karakter uit, een nag opstaan en haar en Nico se slaapkamerdeur gaan sluit het. “Ek het nie geweet hoekom nie. Kort daarna het my ma in die kamer verder af in die gang kliphard begin gil, en aanhou gil.”

Elizma Theron se hart en kop het vir ’n oomblik gaan stilstaan. Alles voel onwerklik.

“Dis net ’n spinnekop in die bed ... dit kán nie iets anders wees nie,” het sy haarself probeer oortuig. “Jou brein wil dit nie glo nie. Maar dan word die geluide, die stemme, die ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die idee van sukses het met verloop van tyd vir NADINE nuwe betekenis gekry. ’n Suksesvolle loopbaan word nie gemeet aan een oomblik van erkenning ...

MINKI VAN DER WESTHUIZEN se positiewe ingesteldheid is vasgemessel deur ’n paar lesse wat sy vandag met oortuiging leef. Wees positief en sien die goeie ...

Scroll to Top