Ek weet wat Ek vir jou beplan

Ek weet wat Ek vir jou beplan

Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor.

(Jeremia 29:11-12)

Op ’n koue wintersoggend is ’n dogtertjie gebore. Almal was opgewonde oor hierdie pragtige geskenkie van die Here, ’n blondekop, blouoog-dogtertjie perfek gebore, maar met een probleem: Haar een been is korter as die ander been.

Hierdie dogtertjie se ouers het vasgehou aan God se beloftes. Hy het ...

Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor.

(Jeremia 29:11-12)

Op ’n koue wintersoggend is ’n dogtertjie gebore. Almal was opgewonde oor hierdie pragtige geskenkie van die Here, ’n blondekop, blouoog-dogtertjie perfek gebore, maar met een probleem: Haar een been is korter as die ander been.

Hierdie dogtertjie se ouers het vasgehou aan God se beloftes. Hy het dan self gesê Hy weet wat Hy vir haar beplan.

Op die ouderdom van drie jaar woon hierdie dogtertjie en haar pappa en mamma ’n tentdiens by. Nooit het hulle kon droom wat daardie oggend vir hulle gewag het nie.

Sien, ons dien die groot Geneesheer wat in ’n oogwink enige siekte kan genees.

Die predikant maak toe ’n uitnodiging en roep hierdie dogtertjie om na vore te kom. Hy het sy hande op haar gelê en net daar het haar been begin groei, volmaak tot by die ander been.

Wat vir die mens onmoontlik gelyk het, het God moontlik gemaak!

Sien, ek kan hierdie getuienis vertel, want daardie dogtertjie was ek. Daarom wil ek jou vandag bemoedig, dit maak nie saak wat jou omstandighede is nie, ons Vader verander nooit nie. Hy is gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde! Hy kan jou nou uit jou situasie red.

As jy genesing nodig het, is Hy die Geneesheer; as jy finansiële probleme het, is Hy die Voorsiener. In jou donkerste tye wil Hy hê jy moet weet: Hy is jou God, die God wat omgee vir jou in tye van nood.

Kom na Hom toe en gee jou klein pakkie of hele wavrag probleme vir Hom. Maak nie saak hoe groot of klein dit is nie, Hy wil jou graag help. Hy weet wat Hy vir jou beplan: voorspoed en nie teenspoed nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top