Ek wil verander, maar hoe?
- Geloof MENTOR
- Liesel Krause-Wiid
Om te verander, moet jy besef daar is dinge wat jy anders sal moet begin doen. Die enigste manier om te verander is om die eie ek te kruisig.
Verandering kom as jy van jou eie troon afklim
Jy sit in ’n vergadering en die partye stem nie saam nie. Jy weet jy moet kalm bly, maar daar doen jy sowaar die teenoorgestelde!
Dalk het iets soortgelyks al met jou gebeur tydens ’n gesprek met jou man of jou tienerdogter. Jy weet jy moet nie nou jou humeur verloor of sê wat jy dink nie, tog doen jy dit in elk geval. Jy weet watter optrede in sekere omstandighede nodig is; jy weet jy moet ’n wag voor jou mond sit, maar jy doen dit nie.
Paulus sê ons gees is gedurig in stryd met God se Gees binne ons. Die enigste manier om te verander is om die eie ek te kruisig en die beheer aan Hom oor te gee.
Die Engelse gesegde stel dit mooi: “We must go from admiration of Jesus to imitation of Him.” Ons kan nie ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Dis belangrik om te onthou dat jy in die wêreld is om diep spore te trap. Dit maak nie saak wat gebeur nie. Dit wat ...
Soos jou verhouding met die Here groei en volwasse raak, sal jy minder reëls en regulasies nodig hê om op die reguit pad te bly. ...