Gee jou kinders genoeg vryheid

Gee jou kinders genoeg vryheid

Is jy ook bang om jou kinders te streng groot te maak? Dis belangrik om ’n fyn balans tussen hulle opvoeding en hulle vryheid te behou. Hulle het ruimte nodig om hulle vlerke te sprei!

Elke ma op hierdie planeet is in die een of ander stadium bekommerd hieroor. Dat sy haar kinders se persoonlikhede en entoesiasme om die wêreld te ontdek, in die grootmaakproses demp. Of erger: krenk, knak en kwes!

Wanneer hulle iets probeer, moet jy ’n klankbord wees. Bied positiewe ondersteuning, en probeer om nie die kenner te wees wat raad gee en idees verander nie. ’n Fokus op hulle mooi eienskappe sal hulle laat blom en hierdie goeie kwaliteite verder ontwikkel.

Gee hulle ruimte om hulle persoonlikheid uit te leef

Opvoedkundige sielkundiges sê ouers sukkel soms om te aanvaar dat hulle kinders nie afdrukke van hulleself is nie.

Elkeen is uniek en moet toegelaat word om so te ontwikkel. Gee hulle doelbewus die vryheid om hulle persoonlikheid uit te leef, sonder om hulle gedrag te veroordeel.

Onthou, my manier is nie jou manier nie, ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Elke kind, of dit nou ’n kleuter of ’n tiener is, smag na vryheid. Maar hoe weet jy wat om wanneer toe te laat? Hê ...

Alle ouers vrees dat hulle kinders onder groepsdruk sal swig. Laat hulle voel dat hulle in die gesin tel, en die stryd is halfpad gewen. ...

Scroll to Top