Genade, goedheid en guns
- #StilwordSondag
- Maretha Maartens
Die Here sal by jou wees. Die genade sal by julle wees!
(2 Timoteus 4:21-22)
Laat die klere maar oud wees, die speelgoed skraps, die kos op die bord basies, die spyskaart voorspelbaar, die mure jare laas geverf, die stoelbekleedsels verweer, die mat uitgetrap en die kastrolle vol duike en hopeloos verouderd volgens hedendaagse standaarde.
Vul so ’n omgewing met menslike genade – ’n gesindheid wat ook as liefdevolle goedheid omskryf kan word – en die verweerde ou stoel word ’n stukkie hemel, die mat latertyd se soet herinnering, die klere ’n terloopsheid.
Deel die artikel
Méér artikels
Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...
“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...
Teken in op Voelgoed se nuusbrief
Kry elke tweede week ons #VoelgoedVrydag-nuusbrief, met artikels, video’s en oudio’s asook inligting oor funksies, vennote, ens.
Oor ons
Daar is beslis nie ’n tekort aan nuus nie. “Tog voel dit asof alles wat ons sien en hoor, negatief is,” sê Venessa Schoeman, Voelgoed Media se handelsmerkdirekteur. Maar daar is goeie nuus … Voelgoed se webblad is jóú aanlyn bron vir inspirasie!