God maak nooit foute nie
- #StilwordSondag
- Tracey Lange
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. Dié wat Hy lank tevore verkies het ...
(Romeine 8:28-29)
Ek was voorheen verloof. Ek was nie kwaad omdat dit beëindig is nie, maar ek kon nie verstaan dat God toegelaat het dat die verhouding tot ’n punt van verlowing kon gaan en dan nie uitwerk nie. Ek kon nie kleinkry dat ek my ouerhuis, grootworddorp, familie en soveel vriende moes agterlaat om ’n toekoms met my toekomstige man te kon bou, net sodat dit nie uitwerk nie.
Ná jare het ek ’n antwoord. Vir baie sal dit miskien nie sin maak nie, maar vir my is dit ’n goeie antwoord. Dinge moes tot op daardie vlak gaan, want anders sou ek altyd vasgehou het aan dit waaraan ek gewoond was en nooit groter dinge aangegryp het nie. Ek moes uit my tuisdorp trek (want toe ek jonger was, wou ek vir ewig en altyd daar woon) en besef dat daar soveel meer dinge daarbuite is vir my om te ondervind en te sien.
God ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare. Ek wil dink aan my snarespel in die nag, wil peins met ...
Hoor tog my gebed, Here, luister na my hulpgeroep; moet tog nie koud staan teenoor my trane nie, want ek is net op u beskerming ...