God se liefde in die storm

God se liefde in die storm

As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie.

(Jesaja 43:2)

God sê: My kind, in watter situasie jy jou ook al in hierdie stadium van jou lewe mag bevind, dalk deur ander se toedoen of miskien jou eie, Ek is God wat ’n bonatuurlike boog span oor jou lewe, met die leuse “Goddelike Inspraak”. En ek sál ingryp en my Naam sal daardeur ...

As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie.

(Jesaja 43:2)

God sê: My kind, in watter situasie jy jou ook al in hierdie stadium van jou lewe mag bevind, dalk deur ander se toedoen of miskien jou eie, Ek is God wat ’n bonatuurlike boog span oor jou lewe, met die leuse “Goddelike Inspraak”. En ek sál ingryp en my Naam sal daardeur verheerlik word!

Onthou, jy is nie noodwendig in die storm omdat jy iets verkeerds gedoen het nie. Daar is ’n Satan en daarom ook iets soos geestelike oorlogvoering. Dit help nie ons druk ons kop soos ’n volstruis in die sand en ontken dit nie.

Ons leer God se getrouheid eers ken wanneer ons in die storm is. Hoewel die dissipels drie myl diep in die see was, het Jesus van hulle geweet. Wanneer jy Hom nie kan sien nie, kan Hy jou nog sien. Hoe wonderlik is dit nie? My onvermoë om Hom te sien, keer Hom nie om mý raak te sien nie.

Die Bybel sê Hy het gesien hoe hulle teen die wind inroei en sukkel. Hulle het net nooit opgehou om doelbewus en met mening te roei nie. En dit is presies wat jy moet doen wanneer jy in ’n storm is.

Jesus wil hê jy moet aanhou roei. Roei vir ’n vale met die spaan van geloof in die een hand en die spaan van aanbidding in die ander. Terwyl jy roei, sal jy Hom sien aankom op die water. Maak soos Petrus en steek jou hand uit.

Here, die storm is erg. Dis geen grap nie. Die son skyn nie, dit reën en die weerligstrale verblind my! Kyk na my, Here, ek is besig om te roei. Ek sal nie opgee nie!

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top