God se liefde in die storm
As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie.
(Jesaja 43:2)
God sê: My kind, in watter situasie jy jou ook al in hierdie stadium van jou lewe mag bevind, dalk deur ander se toedoen of miskien jou eie, Ek is God wat ’n bonatuurlike boog span oor jou lewe, met die leuse “Goddelike Inspraak”. En ek sál ingryp en my Naam sal daardeur verheerlik word!
Onthou, jy is nie noodwendig in die storm omdat jy iets verkeerds gedoen het nie. Daar is ’n Satan en daarom ook iets soos geestelike oorlogvoering. Dit help nie ons druk ons kop soos ’n volstruis in die sand en ontken dit nie.
Ons leer God se getrouheid eers ken wanneer ons in die storm is. Hoewel die dissipels drie myl diep in die see was, het Jesus van hulle geweet. Wanneer jy Hom nie kan sien nie, kan Hy jou nog sien. Hoe wonderlik is dit nie? My onvermoë om Hom ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in ...
Die Here is in sy heilige tempel: almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees! (Habakkuk 2:20) Die wêreld om ons is boordensvol geraas. ...