God wil jou graag gebruik

God wil jou graag gebruik 

Want Hy het omgesien na sy nederige diensmeisie, en nou sal geslag na geslag my geseënd noem! (Lukas 1:48; NLV)

Buiten Maria se loflied wat elke keer trane in my oë laat opskiet wanneer ek dit lees, is daar iets anders wat my aangryp van haar en ander se verhale. Dit is die Here se keuse wie die ma van die Verlosser op aarde sou wees. En nie net wie sy ma sou wees nie, maar ook die hele lyn van vroue in die saadlyn van die Messias.

Tamar, Ragab, Rut, Batseba ...

Tamar, Ragab, Rut, Batseba en dan Maria. As ons die saadlyn van die Messias moes kies, sou hierdie vroue beslis nie die kortlys óf die langlys gehaal het nie!

Tamar het haar as ’n prostituut vermom, haar eie skoonpa verlei en swanger by hom geraak met twee seuns, Perez en Zerah. Ragab was’n prostituut in Jerigo. Maar danksy haar vertroue in die God van Israel is sy gered toe Jerigo geval het. Sy en Salmon het ’n seun gehad met die naam Boas.

Rut, die heidense vrou wat haar eie lewe agtergelaat het om saam met haar skoonma te gaan na ’n vreemde volk en God, was getroud met Boas en hulle het ’n seun gehad met die naam Obed.

En dan Batseba, die getroude vrou met wie koning Dawid egbreuk gepleeg het. Selfs in hierdie hartseer verhaal is daar ’n seun vir hulle gebore met die naam Salomo.

Laastens, Maria, ’n arm meisie van Nasaret, verloof aan Josef. ’n Maagd, maar swanger, gekies deur God om geboorte te gee aan die Messias.

So, wanneer ek onwaardig voel en wonder hoe Hy my kan gebruik met al my tekortkominge, dan dink ek aan hierdie onwaarskynlike vroue wat die alwetende God gekies en die hele toekoms van die aarde vir ewig verander het!

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top