Help, Ma! Ek voel nie ek behoort nie
- Oulike ma
- Pieter en Irmgardt Botha
Alle ouers vrees dat hulle kinders onder groepsdruk sal swig. Laat hulle voel dat hulle in die gesin tel, en die stryd is halfpad gewen.
Help jou kind om te voel hulle hoort
As jy net die begeerte in jou hart het dat dit goed moet gaan met jou kind, is jy klaar op die regte pad. Die res word gewoonlik vanself opgelos. ’n Ouer se liefde, aanvaarding en onvoorwaardelike ondersteuning is onontbeerlik om elke kind deur die opgroeityd te help.
Jou kind se skooljare is ’n baie belangrike tyd in hulle lewe. Moet nooit so heftig reageer oor maats dat jou kind later eerder op die kantlyn staan as om deel te neem nie. Jy kan begin deur te sorg dat hulle by soveel moontlik aktiwiteite inskakel – en wees self ook betrokke. Word “deel” van die groep deur hulle af en toe met ’n roomys of pizza te bederf.
As jy nie van ’n sekere groep hou nie, moenie die fout maak om jou kind te belet om hulle te sien nie. Dít sal die aantrekkingskrag net groter maak. Gesels rustig daaroor ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Dis heeltemal natuurlik dat jy jou kinders in ’n glaskas sou wou sit om hulle teen die lewe te beskerm. Tog móét hulle vir noodsituasies ...
Dis belangrik om jou kinders vroeg-vroeg al takies te gee om te verrig. Só word hulle fluks groot met die idee dat werk normaal is. ...