Hoe om te sorg vir jou olierige vel
- Velsorg
- Karien Henrico, somatoloog
’n Olierige vel word deur oormatige afskeiding deur die oliekliertjies in die vel veroorsaak. Die opeenhoping van olie op die buitenste vellaag kan witkoppies, swartkoppies, blinde puisies, aknee en ander irritasies, soos ’n blink gesig, veral op die voorkop, neus en ken tot gevolg hê.
Die goeie nuus is egter dat ’n olierige vel geneig is om beter te verouder en minder plooie as ’n droë of normale vel te ontwikkel. Hoe jy daarna omsien, sal deurslaggewend wees.
Volg ’n gereelde velsorgroetine. Moet nooit met grimering aan gaan slaap nie. Vermy reinigingsmetodes wat te sterk is en middels wat ’n hoë seep- of alkoholinhoud het en te min bevogtiger bevat.
Druk die vel droog eerder as om dit hard droog te vryf.
Oormatige reiniging en die verkeerde produkte stroop die vel van sy natuurlike olies en laat fyn plooitjies ontwikkel.
Om dehidrasie te voorkom en die balans te probeer herstel, vervaardig die oliekliere nog meer olie.
Gebruik ’n dagroom en ’n nagroom om jou vel te voed sodat dit nie so baie olie hoef te produseer nie. Indien jy ’n ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Is jy passievol oor ’n loopbaan in somatologie om ander se gesondheid en voorkoms te verbeter? By die Isa Carstens® Akademie kan jy ’n verskil ...
Aknee, die ellende wat menige van ons se tienerjare versuur het, kan ook op ’n latere ouderdom kop uitsteek. Olierige vel, swartkoppies en puisies is ...