HOE OM… te weet wat my doel is
- GeloofsLES
- Frans Cronje
‘n Mens het unieke talente en gawes gekry wat jou identiteit help bepaal, sê FRANS CRONJE. Die oomblik dat jy dit begin gebruik, begin jy jou doel uitleef.
Net ’n klein groepie mense is gelukkig genoeg om van ’n jong ouderdom af al te besef wat hulle doel is, want vir die meeste van ons is dit maar ’n lang, uitgerekte ontdekkingsreis om by jou lewensdoel uit te kom.
Dit is ’n reis wat jy alleen onderneem en wat niemand in jou plek kan doen nie, nie eens jou ouers nie. Mense kan jou langs die pad leiding gee, maar uiteindelik is dit ’n reis tussen jou en God. Dit gaan daaroor om die kern van jou bestaan op aarde uit te pluis.
Wanneer jy hierdie ontdekkingsreis na jou lewensdoel begin, moet jy God ernstig vra dat Hy Sy doel met jou lewe sal bekendmaak. God SAL dit aan jou gee, as jy dit opreg soek – dit kan ek onomwonde en met sekerheid vir jou sê.
Psalm 37:4 sê: “Wees bly in die Here, en Hy sal jou hartsbegeertes aan jou gee.”
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Dis moeilik om God te verstaan. Soms wens ons, soos JANINE VAN NIEKERK, Hy kan ’n e-pos stuur om die lewe presies te verduidelik. Die ...
Maak jy ’n verskil in hierdie stukkende wêreld? Liefde is ’n werkwoord, sê LIESEL KRAUSE–WIID. Wys hoeveel jy omgee, ongeag jou eie pyn. Wys jou ...
Oor ons
Daar is beslis nie ’n tekort aan nuus nie. “Tog voel dit asof alles wat ons sien en hoor, negatief is,” sê Venessa Schoeman, Voelgoed Media se handelsmerkdirekteur. Maar daar is goeie nuus … Voelgoed se webblad is jóú aanlyn bron vir inspirasie!