Vra ‘n mentor! - CATHERINE VAN HEERDEN

Hoe vrees jou besluite beïnvloed – en hoe om dit te hanteer

Ontdek hoe vrees jou besluite beïnvloed en jou emosioneel vasvang. Sielkundige CATHERINE VAN HEERDEN deel insigte en praktiese stappe om vrees te verstaan, te hanteer en met selfvertroue vorentoe te beweeg.

Die rol van negataiewe emosies in jou lewe

Vrees is die emosie wat mense die meeste dryf om besluite te neem. Vrees is ook die emosie wat mense die meeste terughou en vasgrendel.

Vrees is ’n natuurlike deel van ons almal se lewe. Jy is dalk op hierdie oomblik op ’n plek waar jy by ’n ...

Ontdek hoe vrees jou besluite beïnvloed en jou emosioneel vasvang. Sielkundige CATHERINE VAN HEERDEN deel insigte en praktiese stappe om vrees te verstaan, te hanteer en met selfvertroue vorentoe te beweeg.

Die rol van negataiewe emosies in jou lewe

Vrees is die emosie wat mense die meeste dryf om besluite te neem. Vrees is ook die emosie wat mense die meeste terughou en vasgrendel.

Vrees is ’n natuurlike deel van ons almal se lewe. Jy is dalk op hierdie oomblik op ’n plek waar jy by ’n kruispad staan en besluite moet neem, maar vrees is besig om jou op te eet.

Vrees is nie altyd net sleg nie. Dikwels word dit gekoppel aan ’n negatiewe emosie, maar as jou lewe werklik in gevaar is en jy nooit vrees ervaar het nie, gaan jy ook nie aksie kan neem nie.

Vra jouself hoekom jy hierdie emosie ervaar. Somtyds kan vrees ’n rasionele ervaring wees en somtyds kan vrees onwerklik en irrasioneel wees.

’n Irrasionele vrees is iets wat baie intens kan wees. Dit kan na angs toe oorbeweeg en paniekaanvalle veroorsaak.

Die emosie van vrees lei tot ’n fisieke verandering in jou liggaam se metaboliese en chemiese stelsels. Vrees verander ook jou aannames van wat volgende gaan gebeur, jou emosionele welstand, jou gedrag en jou gedagtewêreld.

Wat dan met jou gebeur, is jy wil óf vlug óf ontsnap uit hierdie situasie, óf jy versteen heeltemal.

Verstaan waar die vrese wat jy voel vandaan kom

Een van die grootste oorsake van vrees, is bestaande oortuigings. Wanneer iets gebeur wat jou vaste oortuigings bedreig, beweeg jy na ’n plek van vrees.

Verder is dramatiese ervarings van die verlede, waarneming van ander mense se trauma, en kulturele en historiese invloed ook groot oorsake van vrees.

Natuurlik kan vrees ook intern gestimuleer word. Daar is gedagtes van vrees wat na jou toe kom van nêrens af nie en sonder enige rede.

Dit is vrese wat ongegrond en irrasioneel is.

Wanneer jy hierdie vrese bedink en ’n houvas gee, sien jou brein en liggaam dit as ’n werklikheid. Dit kan dan groot skade doen aan jou gesondheid en die mense na aan jou.

Vrees ontstaan wanneer jy in ’n situasie kom waar jy nie die nodige hulpbronne het om die saak te hanteer nie. Nou moet daar ’n tydelike hantering wees en dit is waarom jy wil vlug, versteen of wegkruip.

Tydelike hanteringsmeganisme is nodig sodat jy nie heeltemal buite beheer raak nie en besluite neem wat jou en ander mense dalk skade kan aandoen.

Hierdie tydelike hanteringsmeganisme moet egter nie permanent word nie.

Onthou, daardie realiteite gaan nie weg nie. Dit wat gebeur het, het gebeur en dit is wat belangrik is.

Neem doelbewuste aksie teen dit wat jou terughou

Dit is belangrik om te weet hoe vrees jou besluite beïnvloed, sodat jy daarteen kan aksie neem.

Daar is ’n paar stappe wat jy kan volg as jy tans in ’n situasie is waar jy diep angs en paniek ervaar …

Begin deur diep en intensioneel asem te haal. Raak dan intens bewus van jou emosie. Wat is die vrees, waarvoor is dit en wat is die sneller?

Vra jouself wat die storie is wat jy vir jouself vertel. Wat doen jy om by te dra tot jou onvermoë om hierdie vrees te kan hanteer? Watter persepsies glo jy as waarheid?

Onderskei wat rasioneel en wat irrasioneel is. Dan moet jy ook onderskei tussen wat binne jou beheer is en wat buite jou beheer is.

Jy het nie beheer oor eksterne faktore nie, maar jy het beheer oor jou eie emosies, denke, woorde, aksies en optredes.

Wat is die gewenste uitkoms? En wat het jy nou nodig om ’n oplossing te vind? Pas kreatiewe denke toe om te bepaal wat die alternatiewe is. Watter hulpbronne het jy nodig en hoe kan jy dit kry.

Neem nou doelbewuste aksie.

Evalueer dan jou aksies nadat jy deur die proses is. Kyk watter lesse jy geleer het wat jou in staat sal stel om jou vrese beter te hanteer in die toekoms. Dit kan jou ook ’n mentor maak om ander mense te help.

Deel die artikel

Méér artikels

“Eensaamheid is ’n aaklige gevoel wat alle mense op die een of ander tyd in hulle lewe ervaar. Dit kan ervaar word wanneer jy alleen ...

“Selfdissipline is die brug tussen jou visie en die uiteindelike resultaat van jou visie,” sê akteur en mediapersoonlikheid HYKIE BERG. Bly gedissiplineerd en geduldig as ...

Scroll to Top