Hou-besigwees-jou-weg-van-God_result

Hou besigwees jou weg van God? 

“Ons mis partykeer die Heilige Gees se stem. God wil ons lei, maar ons is te besig,” sê die radio-omroeper BENESCKE JANSE VAN RENSBURG. 

Ons weet nooit wanneer daar ’n situasie geskep word waar jy staan en jy moet vir God verteenwoordig nie. Jy word amper soos ’n ambassadeur.

Jy is dalk die enigste een in jou hele werkplek wat glo in God en daar kom ’n argument teen jou. Jy weet nooit wanneer daardie dag kom nie, want dit is soos ’n storm wat kom.

Jy is die boom. Hoe diep is jou wortel? Gaan jy kan sterk staan?

Is daar iets waaraan die Heilige Gees jou kan kom herinner?

My ma sê altyd ons almal is soos koppies. Wanneer jy tyd saam met God spandeer, is dit amper soos wanneer jy vloeistof binne-in sit. Wanneer jy geskud word, is wat uitkom, wat binne is.

Waaraan gaan die Heilige Gees jou kom herinner? Hoe gaan jy kan sterk staan? Ons het nodig om tyd saam met God te spandeer. En ons het dissipline nodig.

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

“Wanneer ’n mens deur trauma en uitdagings gaan, moet jy aan iets vashou,” sê verhoudingskenner en motiveringspreker LYNETTE BEER. Glo in God se beloftes wanneer ...

“Ek het al gesien wanneer ek vir mense bid hoe hulle genesing ervaar,” sê radio–aanbieder BENESCKE JANSE VAN RENSBURG. Gebed het die krag om te ...

Scroll to Top