Huisinhoudversekering en geboueversekering: Is daar ’n verskil?  

Huisversekering bestaan uit geboue- en huisinhoudversekering. 

As jy die verskil ken, help dit jou om die regte versekering vir jou behoeftes uit te neem. 

Twee soorte huisversekering

Wanneer ’n mens aan huisversekering dink, neem jy dikwels aan dat alles deur een polis gedek word, maar eintlik bestaan huisversekering uit twee afsonderlike soorte dekking: geboueversekering én huisinhoudversekering.  

Geboueversekering beskerm die permanente struktuur van jou huis, soos die mure, dak, vloere en ingeboude kaste.  

Huisinhoudversekering beskerm die items binne jou huis, soos meubels, toestelle, klere en persoonlike besittings. 

As jy die verskil verstaan, kan jy ook die regte dekking vir jou behoeftes kies sodat jy voldoende verseker is wanneer jy ’n eis indien. 

Besoek https://tinyurl.com/VGLEWE

Kry bekostigbare, kwaliteitversekering vir jou spesifieke behoeftes.

Geboueversekering: Dís wat jy moet weet 

Gebouversekering is veral belangrik vir huiseienaars, aangesien dit die fisieke struktuur van die eiendom beskerm.  

Indien ’n storm die dak beskadig of ’n pyp bars en strukturele skade veroorsaak, word hierdie herstelwerk gewoonlik deur gebouversekering gedek.  

As jy ’n eiendom huur, is gebouversekering gewoonlik nie iets waaroor jy hoef te bekommer nie. 

As ’n huurder, is dit egter belangrik dat jy areas wat herstelwerk nodig het onder die eienaar se aandag bring 

sodat dit vinnig herstel kan word en dalk ook ’n moontlike eis voorkom.  

Huisinhoudversekering vir items binne jou huis 

Huisinhoudversekering is bedoel om items binne jou huis te verseker indien daar ’n inbraak plaasvind en toestelle gesteel of beskadig word, 

sal dit deur jou huisinhoudversekering gedek word.  Huurders benodig ook huisinhoudversekering omdat die eienaar se polis gewoonlik net die gebou wat verhuur word dek en nie die huurder se persoonlike besittings nie. 

Dit is belangrik om jou huis en besittings vir die korrekte waarde te verseker om onderversekering te voorkom.  Sommige items, soos selfone, skootrekenaars en juweliersware, kan addisionele dekking benodig wanneer jy dit saam met jou neem.  

Deur jou dekking gereeld te hersien, kan jy seker maak dat dit steeds by jou leefstyl en behoeftes pas. 

Deel die artikel

Méér artikels

Die Helpende Hand Studietrust en die Virseker Trust Studiefonds bied ondersteuning wat studente help om finansiële druk te verminder en met groter gemoedsrus op hul ...

Swartland Wynkelder se wynmakers skep Winemaker’s Collection Pinotage met sorg uit uitgesoekte Swartland-druiwe, waar unieke terroir, kundigheid en tradisie uitsonderlike gehalte verseker. Ontdek Swartland Winemaker’s ...

Scroll to Top