Maak graad 11 die begin van jou kind se universiteitspad

Vir baie ouers voel graad 11 soos net nog ’n skooljaar, maar volgens die Noordwes-Universiteit (NWU) begin die pad na universiteitstoelating reeds híér, lank voor matriek aanbreek.

Hoekom graad 11 belangrik is vir jou kind se toekoms

Teen die tyd dat universiteitsaansoeke open, beskik die meeste graad 12-leerders nog nie oor hul finale matriekuitslae nie.

Daarom gebruik universiteit, soos die Noordwes-Universiteit (NWU), die finale graad 11-rapport as ’n belangrike maatstaf vir toelating.

Hierdie uitslae vorm dikwels die eerste akademiese indruk wat ’n leerder maak en wys of hy of sy gereed is vir die eise van universiteitsopleiding.

Dit dien ook as grondslag waarop ’n voorwaardelike toelatingsaanbod gemaak kan word.

Vir leerders wat reeds matriek voltooi het, word die finale graad 12-uitslae gebruik om toelating tot die gekose studierigting te bepaal.

Ontdek hoe graad 11 jou kind se toekoms kan beïnvloed.

Kliek op https://studies.nwu.ac.za/af/studies/graad11-inligting vir meer inligting.

Hoe ouers graad 11-leerders kan ondersteun in hierdie belangrike tyd

As ouer speel jy ’n belangrike rol om jou kind te help besef dat elke kwartaal en eksamen in graad 11 tel.

Dit gaan nie daaroor om onnodige druk te plaas nie, maar om doelgerig vir die toekoms te beplan.

Help jou kind om ’n realistiese studierooster op te stel, genoeg rus te kry en tyd verstandig te bestuur.

Moedig goeie studiegewoontes en verantwoordelikheid aan, aangesien dit ook ná skool van groot waarde sal wees.

Gesels gereeld oor moontlike studierigtings, belangstellings en loopbaandoelwitte.

Maak ook vroegtydig seker dat julle die toelatingsvereistes vir die beoogde kwalifikasie verstaan, sodat julle betyds kan voorberei.

Maak gebruik van die belangrike geleenthede wat graad 11 bied

Baie leerders onderskat die belangrikheid van graad 11 omdat hulle glo dit is eers matriek wat werklik tel.

Tog speel hierdie jaar dikwels ’n deurslaggewende rol wanneer universiteite aansoeke oorweeg.

Moedig jou kind daarom aan om elke toets, taak en eksamen met erns aan te pak.

Dit gaan nie net oor goeie punte nie, maar oor die bou van ’n sterk akademiese grondslag wat toekomstige geleenthede kan ontsluit.

By die Noordwes-Universiteit (NWU) begin die pad na universiteit reeds met die finale graad 11-uitslae.

Help jou kind om vandag die beste moontlike begin vir môre te maak.

Deel die artikel

Méér artikels

Die Helpende Hand Studietrust en die Virseker Trust Studiefonds bied ondersteuning wat studente help om finansiële druk te verminder en met groter gemoedsrus op hul ...

Swartland Wynkelder se wynmakers skep Winemaker’s Collection Pinotage met sorg uit uitgesoekte Swartland-druiwe, waar unieke terroir, kundigheid en tradisie uitsonderlike gehalte verseker. Ontdek Swartland Winemaker’s ...

Scroll to Top