Is troeteldierversekering nodig as jou hondjie jonk en gesond is?

Interessant genoeg is jou troeteldier se jong en gesonde jare eintlik die beste tyd om versekering uit te neem.

Dís hoekom jy nie te lank moet wag nie 

Wanneer jy jou jong hondjie verseker, trek jy voordeel uit die feit dat premies gedeeltelik op ouderdom gegrond word en dat wagtydperke eers van toepassing is nadat jy aangesluit het.  

As ’n Border Collie-hondjie byvoorbeeld ’n kruisligament skeur terwyl hy ’n bal jaag, kan ’n knie-operasie jou tot R45 000 kos. As jy daarna versekering wil uitneem, sal dit as ’n voorafbestaande toestand gesien word wat ’n uitsluiting op jou polis kan beteken.  

Deur jou hondjie van ’n jong ouderdom te verseker, is dekking makliker beskikbaar voordat daar gesondheidstoestande is wat ’n uitsluiting kan veroorsaak.

Beskerm jou troeteldier vandag vanaf R65 per maand. Besoek outsurance.co.za vir ’n kwotasie.

Die laagste premie bied nie noodwendig die beste dekking nie

Nie alle troeteldierversekeringspolisse werk dieselfde nie. Sommige plaas limiete op die totale bedrag wat jy in ’n jaar kan eis, terwyl ander limiete per eis of per sieketoestand in plek het.  

Daarom is dit belangrik om na meer as net die premie te kyk wanneer jy verskillende opsies vergelyk.  

Maak seker jy verstaan presies wat jou bybetaling gaan wees, watter voordele ingesluit is en watter uitsluitings van toepassing mag wees.  

Dit is veral belangrik om meer uit te vind oor limiete wat van toepassing is, asook die bedrag wat jy self sal moet betaal indien jou troeteldier behandeling nodig het.

Is troeteldierversekering die moeite werd?

Troeteldierversekering gaan nie oor of jou troeteldier siek gaan word nie. Dit gaan daaroor om gemoedsrus te hê dat jy nie tussen jou bankbalans en jou troeteldier se behandeling sal moet kies wanneer iets wél gebeur nie. 

OUTsurance-troeteldierversekering bied ongeluksdekking vanaf slegs R65 per maand.  

Hulle bied hoë limiete en eenvoudige, vaste bybetalings en jy kan kies watter veearts jy wil besoek.  

Deur versekering vroeg uit te neem en met jou versekeraar te gesels oor die verskillende planne en ingeslote voordele, kan jy seker maak dat jy die nodige ondersteuning het wanneer dit die meeste saak maak.  

Vrywaring: OUTsurance is ’n gelisensieerde versekeraar en FDV. Premies is afhanklik van die risikoprofiel en word jaarliks hersien gebaseer op risikoprofiel en ekonomiese faktore. B’s en V’s aanlyn. Limiete geld. 

Deel die artikel

Méér artikels

Groot veranderinge soos ’n nuwe huis, trouplanne of kinders bring nuwe verantwoordelikhede. Lewensversekering help jou om voorbereid te wees vir wat ook al voorlê. Hoe ...

Op 59 het Amanda 16,9 kg in drie maande verloor met die CSN-eetprogram. Haar ervaring wys hoe beplanning, voorbereiding en konsekwentheid ’n verskil kan maak. ...

Scroll to Top