Wees jou beste self met hierdie nuttige wenke vir eksamenvoorbereiding

Eksamentyd kan vir kinders en hul ouers ’n uitdagende tyd wees. Dr. Rümando Kok, senior lektor en kliniese sielkundige aan die Noordwes-Universiteit (NWU), gee wenke vir eksamenvoorbereiding.

Die beste plek om te begin voorberei vir die eksamen

Eksamentyd kan vir kinders en hul ouers ’n uitdagende tyd wees.

In graad 11 en 12 neem akademiese druk drasties toe, terwyl kinders terselfdertyd besig is met belangrike loopbaankeuses wat ’n invloed op hul toekoms het.

Ouers kan nie namens hul kinders leer nie, maar hulle speel ’n belangrike rol om ’n gesonde omgewing te skep waarin hul kinders die beste moontlike kans het om optimaal te funksioneer.

Eksamenvoorbereiding gaan dus nie bloot oor “meer leer” nie, maar oor goeie beplanning, doeltreffende studiemetodes, voldoende rus, emosionele ondersteuning en die ontwikkeling van onafhanklikheid.

Die NWU moedig jou aan om jou beste self te wees.

Besoek https://studies.nwu.ac.za/af/studies/graad11-inligting vir meer inligting.

Dit is baie belangrik om betyds te begin met eksamenvoorbereiding

Een van die grootste foute wat kinders maak, is om eers intensief te begin leer wanneer die eksamen op hande is.

Hierdie benadering plaas geweldig druk op die leerder en kan dan angstigheid veroorsaak.

Ouers kan hul kind aanmoedig om vroegtydig ’n realistiese studieplan op te stel waarin die eksamenrooster, vakinhoud en beskikbare studietyd in ag geneem word.

Groot hoeveelhede werk kan in kleiner, hanteerbare dele opgebreek word.

Die kind moet identifiseer watter dele van die werk goed verstaan word en waarmee hy of sy sukkel.

Beplan volgens beskikbare tyd en die hoeveelheid aandag wat elke vak benodig.

Moenie vergeet om tyd vir rus en slaap in te beplan nie. ’n Onrealistiese studieplan kan tot frustrasie en selfs uitbranding lei.

Skep ’n rustige en gestruktureerde omgewing om in te studeer

Kinders konsentreer beter wanneer hulle ’n vaste plek het waar hulle kan studeer.

’n Stil, goed beligte plek met die nodige skryfbehoeftes kan ’n groot verskil maak.

Ouers kan ook help om afleidings soos selfone, sosiale media, videospeletjies en televisie te beperk.

Dit beteken egter nie dat tegnologie heeltemal verbied hoef te word nie. Selfone en rekenaars kan ook waardevolle opvoedkundige hulpmiddels wees.

Die belangrikste is om doelbewuste grense te stel en goeie selfdissipline daarbinne te ontwikkel.

Deel die artikel

Méér artikels

Groot veranderinge soos ’n nuwe huis, trouplanne of kinders bring nuwe verantwoordelikhede. Lewensversekering help jou om voorbereid te wees vir wat ook al voorlê. Hoe ...

Op 59 het Amanda 16,9 kg in drie maande verloor met die CSN-eetprogram. Haar ervaring wys hoe beplanning, voorbereiding en konsekwentheid ’n verskil kan maak. ...

Scroll to Top