Vind hierdie somer kleurinspirasie van die natuur om jou huis te transformeer met die kleurpalet van Medal Paints wat jou sal help van die alledaagse gejaag ontsnap.
Gebruik voorbeelde uit die natuur om jou leefruimte te transformeer
Dit is wonderlik dat die son al hoe vroeër sy kop uitsteek en die binneland reeds die warmer dae geniet.
Soos wat hierdie veranderinge plaasvind, voel dit of vertrekke ook op iets nuuts wag.
Langer lentedae is ’n duidelike teken dat dit tyd is vir nuwe inspirasie.
Die mooiste huise neem nie net inspirasie uit glanstydskrifte of sosiale media nie, maar uit die natuur self.
Die sagte groen blaar, die warm terracotta-klei of die pragtige Jakaranda-bloeisels – die natuur het klaar die harde werk namens jou gedoen!
Wat ’n wonderlike gevoel is dit nie om deur jou tuin te kan stap en te besef dat dit wat jy in jou huis nodig het die hele tyd reg onder jou neus was nie.
Besoek medalpaints.co.za vir meer inligting.
Vind jou persoonlike kleurinspirasie in die natuur en gebruik Medal se Panache Vinyl Silk om jou huis te vernuwe.
Gee jouself die toestemming om kreatief met kleurskakering te wees
Deur kleur te leen uit die natuur, kan jou slaapkamer kalmte weerspieël en jou leefarea lyk soos ’n oase ná ’n lang dag se gejaag van spertye, sportoefening, maaltydvoorbereiding en meer.
Vernuwing gaan eintlik daaroor om aan te voel wanneer jou vertrekke ’n vars nuwe laag verf nodig het.
Dalk lyk die kamers steeds mooi, maar nooi dit jou nie meer om daar te kom ontspan nie.
Gee jouself die toestemming om nuwe lewe in hierdie vertrekke te blaas.
Sagte, moderne en verf van ’n hoë gehalte vir jou mure
Met ’n tintbare verf soos Panache Supreme Vinyl Silk hoef jy nooit weer te berus by “amper die regte kleur” nie.
Watter spesifieke kleur jy ook al in gedagte het, kan presies volgens jou voorkeur gemeng word.
Laat die natuur jou lei wanneer die seisoene draai: bewonder die oggendson op ’n blaar, die skadu van ’n blom, en hoe een kleur drie skakerings kan wys soos die daglig stadig deur die dag skuif.
Dalk wag jou persoonlike kleurpalet reeds daar buite in jou eie tuin.