Ja, jy kan… Wéét wat jy wil hê
- Ja, jy kan!
- Elsa Groenewald
Het jy ooit iemand hoor sê, “Ek wens …”? As ek weet wat ek wil hê, moet ek weet wie ek moet wees om dit te kry, maar ook wat ek moet doen. Dit is binne elke persoon se vermoë om enigiets te doen. Die vraag is net, hoe graag wil hulle dit regtig hê, sê ELSA GROENEWALD
Weet wat dit beteken om ware geluk te hê
So dikwels gesels jy met ’n vriendin oor ’n koppie koffie en vertel dan met soveel oortuiging dat jy graag die een of ander land wil besoek of ’n musiekinstrument sal wil leer speel.
Jy wil dalk in daardie mooi huis bo-op die berg bly. Jy begeer soveel ander dinge wat advertensies in die media so aanloklik laat lyk.
Soms kan party van ons selfs die jaagduiwel in ons hê en wens dat ons daardie spierwit Porsche kan bekostig – of ten minste dan die man kan kry wat dit kan bekostig.
Vandat jy ’n 12-jarige tiener was, droom jy oor ’n dubbelverdiepinghuis, lang, duur vakansies en natuurlik die ideale beroep.
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Jy leef binne jou klein, veilige ruimte. Maar jy is bedoel om meer te wees! Kom uit jou gemaksone en maak jou eie lewe én ...
Omring jouself met mense wat jou in ’n positiewe rigting aanspoor en jou motiveer om jou potensiaal te verwesenlik, sê MAGTELD ARNOLD. Iemand wat jou ...
Oor ons
Daar is beslis nie ’n tekort aan nuus nie. “Tog voel dit asof alles wat ons sien en hoor, negatief is,” sê Venessa Schoeman, Voelgoed Media se handelsmerkdirekteur. Maar daar is goeie nuus … Voelgoed se webblad is jóú aanlyn bron vir inspirasie!