Keuses beïnvloed jou tyd-belewenis

Keuses beïnvloed jou tyd-belewenis 

Die 4-kwadrant dink-brein bestaan uit twee kwadrante aan die linkerkant en twee aan die regterkant, wat jou dink-keuses en tyd-belewenis beïnvloed.  

Die invloed van die dink-keuses wat ’n mens maak 

Voordat ek julle aan my vier vriende voorstel, wil ek graag eers verduidelik hoe die 4-kwadrant dink-brein in hierdie prentjie inpas en hoe hierdie dink-keuses wat ’n mens maak, jou tyd-belewenis beïnvloed. Daar is twee kwadrante aan die linkerkant (die L1 en die L2) en twee kwadrante aan die regterkant (die R1 en die R2).  

L1: Vra ...

Die 4-kwadrant dink-brein bestaan uit twee kwadrante aan die linkerkant en twee aan die regterkant, wat jou dink-keuses en tyd-belewenis beïnvloed.  

Die invloed van die dink-keuses wat ’n mens maak 

Voordat ek julle aan my vier vriende voorstel, wil ek graag eers verduidelik hoe die 4-kwadrant dink-brein in hierdie prentjie inpas en hoe hierdie dink-keuses wat ’n mens maak, jou tyd-belewenis beïnvloed. Daar is twee kwadrante aan die linkerkant (die L1 en die L2) en twee kwadrante aan die regterkant (die R1 en die R2).  

L1: Vra WAT-vrae  
Hulle hou van helderheid en duidelikheid; soek bewyse en hou nie van wollerigheid nie; verkies om op een taak te konsentreer en dan dieper te delf om by antwoorde uit te kom; hou van korrektheid en hou nie daarvan om foute te maak nie. L1-mense verkies om doelwitte te stel en volgens duidelike prioriteite te werk. Hulle sien hulself as probleem-oplossers en hou nie daarvan as hulle gesteur word nie.  

L2: Vra HOE-vrae  
Hulle hou gewoonlik daarvan om by ’n plan of agenda te hou, en verkies dat die reëls duidelik uitgespel word en goeie dissipline gehandhaaf word. Die meeste L2-mense is aksie-mense en wil uitvoering gee aan besluite en voorstelle. Hulle verkies om te hou by wat in die verlede gewerk het en is versigtig vir verandering.  

R1: Vra WAAROM (of WAAROM nie)-vrae  
Hulle verkies om in ’n ongestruktureerde omgewing te woon en werk; hou nie van roetine nie en details verveel hulle; speel rond met uiteenlopende idees en soek ongewone oplossings, en gee dikwels hul verbeelding vrye teuels en raak verlore in hul eie gedagtes. 

R2: Vra WIE-vrae  
Hulle kry hul energie van ander mense en wil graag in ’n wêreld funksioneer waar daar mense om hulle is. Hulle soek interaksie en hou daarvan om hulle idees met ander te deel. ’n Groot persentasie van hulle is omgee-mense wat daarvan hou om in ’n omgewing te werk waar hulle van diens kan wees.  

Kies die regte oplossing wat werk vir jou 

My L1-vriend, Izak, verdiep hom gedurig in die soeke na die regte oplossing. Hy verkwis tyd in sy versameling van bewyse en feite. Hy vra gedurig “Wat?” en “Wat nog?”. My raad: Wees minder perfeksionisties. Los die oormaat feite en bewyse. Ons sal nooit volmaak wees nie en niemand verwag dit ook nie.

My L2-vriendin, Magda, is altyd besig om seker te maak dat sy binne die reëls bly. Sy is oorversigtig, uiters pligsgetrou en voorbeeldig. Sy wil niemand te na kom nie, doen alles oor en oor om seker te maak dat dit korrek is en vra aanhoudend “Hoe kan ek dit beter maak?”. My raad: Wees minder nice en ontspan. Ondersoek die reëls, eerder as om net altyd ja en amen op alles te sê.

My R1-vriend, Jason, het altyd te veel idees waarvan die meeste op niks uitloop nie. Hy raak so verdiep in sy drome dat hy nie besef dat die werklikheid by hom verbyhardloop nie. Dit lyk of hy nooit rigting kry nie en gedurig van plan verander. Jason is altyd “te besig” omdat hy nie ’n begin of einde het nie. My raad: Identifiseer kernidees en fokus daarop in plaas daarvan om gedurig verder en wyer te wil gaan. Vra waarom-vrae, maar beperk dit tot iets betekenisvol.

My R2-vriendin, Karen, is altyd om mense, tussen mense en by mense. Sy is deel van komitees en is by elke uitreikprojek betrokke wat elke sekonde van haar tyd in beslag neem. Haar wie-vrae is allesoorheersend: “Wie kan ek nog help?”; “Wie het ek afgeskeep?”, ensovooerts. My raad: Verminder mensbetrokkenheid. Begin fokus op mense en dinge wat werklik saak maak; verkort “kommunikasie-tyd” met individue en groepe, en vermy mense wat energie dreineer.

Deel die artikel

Méér artikels

Jy droom om iets merkwaardig met jou lewe te doen. CATHERINE VAN HEERDEN help jou bepaal of jou ambisie die tyd werd is wat jy ...

Een van ons grootste struikelblokke in die lewe is konfrontasie, en dit bloot omdat ons “die vrede wil bewaar”. Ons loop op eiers oor kwessies ...

Scroll to Top