Kies mooi as dit by skoonheidsbehandelings kom

Die begeerte om mooier en jonger te lyk, is normaal. Miskien het jy self al ’n ontrimpelingsbehandeling of ’n meer drastiese operasie oorweeg. Máár is chirurgie die oplossing?

Estetiese medisyne fokus op kosmetiese voorkomsverbetering deur die behandeling van toestande soos littekens, velverslapping, plooie, moesies, lewervlekke, oortollige vet, selluliet, ongewenste hare, verkleuring van die vel en spinnekopare.

Daar is verskeie behandelingsopsies beskikbaar. Dit wissel van ligterapie, wat liggebaseerde laserbehandeling of haarverwydering behels, en inspuitbare stowwe, soos botoks of kollageen, tot mediese-gewigsverliesprogramme en velvernuwingsterapie, wat chemiese afskilfering en mikrodermabrasie insluit.

Botoks ...

Botoks is goedkoper as ’n gesigontrimpeling en is ’n niepermanente, minder ingrypende oplossing. Borsvergroting is chirurgie om die borste te vergroot.

Voordat jy enige chirurgie oorweeg, neem jouself in oënskou en besluit hoekom jy reken dat jy daarby sal baat, wat jou waardes is en wat jy kan bekostig. ’n Goeie beginpunt is om te besef dat jou waarde nie lê in hoe jy lyk nie, maar in wie jy is.

Indien jy steeds van mening is dat jy beter sal voel in jou nuwe toppie of bikini as jy byvoorbeeld jou borste laat lig, bespreek die opsies, ook dié vir nie-indringende chirurgie, en die voor- en nadele met jou dokter.

Deel die artikel

Méér artikels

DR. ELLENORE MEYER verduidelik hoe die regte gedagtes en ingesteldheid jou kan help om gewig te verloor, gesond te bly en langer te leef. Die ...

Plastiese chirurgie is lankal nie meer eksklusief beskikbaar vir ’n uitgesoekte handjievol persone nie. Vandag is Botox so algemeen soos ’n facial. Jy het seker ...

Scroll to Top