
Kry goed gedefinieerde en voller wenkbroue
- Mooi
- Jolanda Bedeker en Tanya van der Merwe, JB Makeup
Goed gedefinieerde, voller wenkbroue gee definisie aan jou gesig. Dit is maklik om met ’n paar grimeerkunsies die illusie van perfekte wenkbroue te skep.
Dié welige look was nie altyd mode nie en baie vroue het heeltemal te veel gepluk. Die nuutste stileringstegniek maak van seep gebruik. Dit gee ’n baie natuurlike voorkoms en is ideaal vir mense met voller wenkbroue.
Vryf jou borseltjie oor ’n nat sepie en kam die hele wenkbrou uit, eers in ’n opwaartse rigting en dan horisontaal. Die seep help om die haartjies in plek te hou. Jy kan ook wenkbrouwaks gebruik.
Begin inkleur deur klein, sagte strepies te trek. Moenie probeer om die vorm heeltemal te verander nie. Werk eerder saam met die natuurlik vorm van jou wenkbroue. Potloodstrepe alleen kan onafgerond lyk. Wend poeier oor die potlood aan om die kleur op te helder en ekstra dikte te gee.
Vir daardie ongelooflike gedefinieerde prentjie wat ons dikwels op sosiale media sien, gebruik ons ’n poeier wat dieselfde kleur of een skakering donkerder as jou wenkbroue is.
Kam die haartjies op- en sywaarts. Trek met ’n skuinsborseltjie ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
In ons somerklimaat kan ’n paar wonderwenke help om jou grimering ná ’n lang, warm dag steeds mooi te laat vertoon. Smeltende grimering, gesmeerde oogomlyner ...
Die regte lipkleur kan jou voorkoms sommer onmiddellik opkikker. Maar hoe kies ’n mens uit die reënboog-warboel van opsies? Daar is ’n ongelooflike verskeidenheid grimeerprodukte ...