Leah – Meet jy jouself aan ander se opinies?
- Bekendes
- Leah
Die pragtige, bruisende, blonde sangeres LEAH was nie altyd vol selfvertroue en gemaklik in haar vel nie. Gelukkig kan sy vandag met oorgawe sê: “Dis lekker om net myself te wees!”
Dit het tyd geneem om ten volle vrede te maak met die somtotaal van wie Leah is. Om waarlik gemaklik in my vel te voel.
Soms is dit ander mense wat dit moeiliker maak om jouself te aanvaar.
Dit het so einde laerskool, begin hoërskool kop uitgesteek. Die gedagte dat ek nie heeltemal goed genoeg is nie.
So iets gaan lê iewers en broei in jou kop, en dan word dit ’n seerplek. ’n Stukkie onsekerheid in jou siel waaraan daar hard gewerk moet word om dit te oorkom.
Solank ek gesond is, is die oukei om te lyk soos ek lyk …
Mense dink altyd dis net aanmerkings oor oorgewig-wees wat seermaak, maar om te hoor jy is te maer – jy lyk anders as die norm – het presies dieselfde effek. Die seer is dieselfde seer.
Noudat ek ouer is, tel ’n vinnige ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Groot hartseer het die sangeres IRENE-LOUISE VAN WYK geïnspireer om te bly groei. Maar dit is ma-wees wat haar vir ewig verander het. “Tekkies Brand” ...
Dit lyk of geen uitdaging VANES-MARI DU TOIT bang maak nie. Of dit in die raadsaal van ’n korporatiewe maatskappy is of om ’n berg ...