Minki van der Westhuizen

Minki – Kies om op die positiewe te fokus

MINKI VAN DER WESTHUIZEN word geken aan haar lag, sprankel en positiwiteit, maar dit kom nie vanself nie. Sy kiés om só te leef, ongeag… 

Dis nog douvoordag. Lank voor die skool begin. ’n Elfjarige met kort blonde hare en kieriebeentjies stoot die BMX-fiets tot in die straat, reg vir die vroegoggendtaak om ekstra sakgeld te verdien. Dis tyd om koerante af te lewer. 

Kaizer, ons schnauzer-hondjie, staan stertswaaiend gereed om die roete in die fiets se spore kaf te draf. 

Die probleem is net, vanoggend is daar nie ’n greintjie lus in my vir hierdie besigheid nie. Pappa, wat die worsteling op my gesig sien, kom sit sy arm om my skouers. ’n Sagte kyk in sy oë. 

“Sussie … as iets nie vir jou lekker is nie, dan máák jy dit lekker.” 

So eenvoudig soos dit. ’n Stukkie wysheid wat my hart tóé reeds diep getref het. Woorde wat my die res van my lewe sou bybly. ’n Kopskuif. 

As ’n taak soos ’n groot berg van opoffering voor jou lê, maar dit kan vorentoe iets beteken, is dit die moeite werd ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die idee van sukses het met verloop van tyd vir NADINE nuwe betekenis gekry. ’n Suksesvolle loopbaan word nie gemeet aan een oomblik van erkenning ...

MINKI VAN DER WESTHUIZEN se positiewe ingesteldheid is vasgemessel deur ’n paar lesse wat sy vandag met oortuiging leef. Wees positief en sien die goeie ...

Scroll to Top