Vrede in en met my omstandighede

Leah – Vrede in en met my omstandighede

Positief, vriendelik, plat op die aarde, borrelend van positiewe energie. Die sangeres LEAH is iemand wat ander ’n plekkie in die son gun en vra dat hulle dieselfde vir haar sal doen.

Vreugde. Dis so ’n gelaaide woord, maar eintlik is dit heel eenvoudig. Vir my beteken dit om vrede in en met my omstandighede te hê. Om te kan lag en gesels in my huwelik. Om te kan kuier en ontspan saam met my familie – mense wat almal met mekaar oor die weg kom. En om eg en openhartig te wees tussen ware vriende wat my hart werklik ken en daarvoor omgee.

Dit het my ’n ruk gevat om tevredenheid in my lewe te kan hê.

Ek was van altyd af ambisieus, ek wóú suksesvol wees. As ’n mens so daarna smag, is jy geneig om te wil hê almal moet van jou hou. Ek was ook al daar.

Loopbaangewys het ek eers ’n heel ander rigting ingeslaan: BCom Regte. Maar my kop het altyd vermaaklikheid toe gestaan. Kleintyd al was ek die meisietjie wat op ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

ELIZMA THERON het al groot hoogtes bereik as sangeres, aktrise en model, maar dié ma van twee weet dat haar gesin veel belangriker as roem ...

Die idee van sukses het met verloop van tyd vir NADINE nuwe betekenis gekry. ’n Suksesvolle loopbaan word nie gemeet aan een oomblik van erkenning ...

Scroll to Top